DINK GRÓÓT

Seisoen 5 | Episode 13

Finch Heaven

Mali kuier in Elarduspark, Pretoria-Oos by Finch Heaven, die natuurlike paradys wat Cheryl Bouwer by haar huis geskep het vir die Gouldian-vinkies waarmee sy boer. Wat begin het as ʼn stokperdjie is vandag ʼn opwindende en suksesvolle nisonderneming.

Om sulke pragswerms soos Cheryl te teel gebeur natuurlik nie vanself nie. Deel van haar suksesresep is haar daaglikse toewyding en passie, insluitend die suksesvolle balansering en monitering van die vinkies se komplekse dieet wat alles insluit van Japannese mannakoring en seewier tot brokkoli en gekookte eiers, doppe inkluis. Omdat Cheryl voltyds werk, doen sy oor naweke haar bemarking, wat die gereelde plasing van pragfoto’s op Finch Heaven se Facebook-blad behels. Haar foon, vertel sy lui gereeld, met mense wat bereid is om enigiets van R600 (vir ’n groenvlerk paartjie) tot meer as R3 000 vir ’n paartjie met meer eksotiese kleurkombinasies) te betaal.

Kontak besonderhede:
https://www.facebook.com/Cheryl.Bouwer.33/
bouwerc.41@gmail.com
082 854 1503


Terug na episodes