Mali Gwatyu

img23

Malixole Gwatyu is ʼn direkteur by die advertensie-agentskap BRAND et al. Voordat hy die reklamewêreld en Nisboere se ekostelsel betree het, was hierdie alumnus van die Universiteit van Stellenbosch se Besigheidskool die 2017 Wenner van die FANRPAN Africa Agriculture Mediatoekenning, asook ʼn joernalis met meer as 15 jaar ervaring by media wat die spektrum dek van Die Burger en RSG tot Farming SA. Sy passie vir landbou het hom ook geïnspireer om sy horisonne verder te verbreed, onder meer deur navorsing te doen as deel van die Oklahoma State University Fellows Programme on Entrepreneurship en by die Poynter Institute in die VSA.