LAE_210503_15145_2021 Converted
LAE_210503_15145_2021 Converted2

Nisboere – Gespesialiseerde landbou op sy beste

In Nisboere Glans vergesel Laeveld Agrochem-verteenwoordigers, Corné Liebenberg en Phillip Venter, bekende Suid-Afrikaners om saam met hulle te ontdek hoe, waar, en deur wie die kos op jou tafel geproduseer word.

Van ons land se mees gewilde glanspersoonlikhede besoek boere regoor Suid-Afrika om die kollig op hul dinamiese boerderye, nisgewasse en -produkte te skyn. Spesialisasie is die sleutelwoord, en die slim kweek en verbou van nisprodukte die fokus van die sesde seisoen van dié gewilde en bekroonde reeks.

Nisboere Glans is die sesde seisoen van dié gewilde landbouprogram en beloof om nisboere se grense nóg verder te verskuif. Hierdie keer reis Corné en Phillip kruis en dwars oor die land saam met ʼn verskeidenheid bekende glanspersoonlikhede om Suid-Afrika se voorste nisboere te ontmoet. Elke episode fokus op ʼn spesialisproduk en die betrokke nisboer se slim kweek en verbouing daarvan.


Vir méér interessante gesprekke oor, en voorbeelde van, die moontlikhede wat nisgewasse inhou, moet jy nie hierdie sterbelaaide seisoen misloop nie.

LAEVELD AGROCHEM-VERTEENWOORDIGERS

img22

Phillip Venter

Phillip is sedert 2013 die hoof van plantvoeding by Laeveld Agrochem ...  

img4

Corné Liebenberg

Corné Liebenberg is ʼn stigterslid en die bemarkingsdirekteur van Laeveld ...