DINK GRÓÓT

Waar begin ’n mens om jou eie voedsel te produseer?

In die huidige ekonomiese omstandighede begin dit al hoe kritieser word om te kyk na alternatiewe maniere om jou eie voedsel te produseer. Terselfdertyd kan jy dit as ’n geleentheid gebruik om ekstra geld te verdien deur dit aan ander te bemark.

 Maar waar op aarde begin jy?

Shaun Welmans van AGRIskills TRANSFER het onlangs in die Nisboere-ateljee kom kuier om ons te vertel van die wye reeks landboukursusse wat hulle aanbied en hoe dit Suid-Afrikaners kan help om vir hulself voedselsekuriteit en ’n blinker toekoms te skep. 

Ons was opgewonde om te leer dat hulle hierdie noodsaaklike inligting baie toeganklik maak deur ’n wye verskeidenheid kortkursusse wat dwarsdeur die jaar aangebied en binne drie tot vyf dae voltooi kan word. Boonop is dit uiters bekostigbaar, aangesien die duurste kortkursus slegs R5 500 kos.

AGRIskills TRANSFER kan jou leer om ’n groenteboer te word of met ander gewasse soos sitrusvrugte, kruie of graansoorte te boer – ook met pluimvee soos hoenders of met ander vee soos beeste, bokke, varke en skape. Jy kan selfs leer trekker bestuur!

In die Plant Production-kursus leer jy byvoorbeeld oor die struktuur en funksie van plante, hoe om gewasse te kweek, gesonde grond te bewerkstellig en na die waterkwaliteit om te sien, sowel as hoe om die plante doeltreffend te voed en plae te beheer.

Al hul kursuse bestaan uit ’n teoretiese en praktiese gedeelte wat op ’n werkende plaas plaasvind en dis spesiaal sό saamgestel dat jy dit wat jy leer so vinnig en suksesvol as moontlik prakties sal kan toepas en terselfdertyd verseker dat jou onderneming maksimaal winsgewend is. 

AGRIskills TRANSFER is ook ideaal vir diegene wat van landbou of landboutoerisme ’n permanente loopbaan wil maak, aangesien hulle al sedert 2004 volwaardige landboudiplomakursusse aanbied. Hul kursusse is ten volle geakkrediteer deur AgriSETA, die landbousektor se opleidingsowerheid, en word doelgerig volgens die nasionale kwalifikasieraamwerk ontwikkel. 

Dit is ook reeds aangepas kragtens die wetlike vereistes van die nuwe Gehalteraad vir Ambagte en Beroepe (QCTP). Om dit toegankliker te maak, bied hulle afbetalingsplanne vir al hul kursusse aan. 

In ’n episode van die eerste seisoen van ons Engelse sustersprogram, Niche Farmers, het ons ook met AGRIskills TRANSFER gesels oor hul daglange groentetuinkursus vir dié wat ’n lappie grond in hul tuine het wat daarvoor benut kan word. Klik hier om ’n artikel hieroor te lees. 

Ten slotte … of jy nou wil boer vir ’n bestaan, of net uit jou eie tuin wil begin eet in plaas van om by winkels aan te koop, AGRIskills TRANSFER het die noodsaaklike kennis wat jou in die regte rigting sal stuur. Vir meer inligting besoek gerus www.agriskills.net. Volg @Nisboere op Facebook om saam met ander nisboere te leer en jou eie storie met ons te deel.