Carpe Diem
Carpe Diem Raisins vorm deel van die Carpe Diem-plaas wat naby Upington in die Oranjerivier-omgewing geleë is. Dié 200 ha-boerdery produseer onder meer tafeldruiwe, rosyne en pekanneute.
Carpe Diem Raisins spesialiseer in die verwerking van hoëgehalte- organies verboude Suid-Afrikaanse rosyne en sluit ook ‘n verpakkingsfasiliteit in wat hulle in staat stel om ander produsente se produkte te verwerk.
Hulle stel ook hul verantwoordelikheid van werkskepping voorop teenoor die land, sy ekonomie en sy mense om ‘n gesonde balans tussen meganisasie en handearbeid te handhaaf.
Wat die buitelandse vooruitsigte vir Suid-Afrikaanse produsente betref, is ons produkte in aanvraag. Nie net beskou die wêreldmarkte ons as ʼn volhoubare verskaffer nie, maar ook as ʼn produsent van topgehalteprodukte.
Die Suid-Afrikaanse rosyntjiebedryf se plek in die wêreldmark is verseker – dis tyd om om met selfvertroue te deel in die potensiaal wat dit bied, want ons gehalte, effektiwiteit en prys beteken ons hoef vir niemand terug te staan nie.
Kontakbesonderhede
CARPE DIEM RAISINS
Gog van der Colff
054 332 2901