DINK GRÓÓT

Seisoen 6 | Episode 8

Van Loveren

Die Van Loveren-wynlandgoed is die toonbeeld van sukses en bewys dat daar nisgeleenthede en spesialis-fokusareas binne enige kommersiële landbou-onderneming bestaan. Die vier Retief-neefs staan aan die stuur van dié derdegenerasie-familiewynplaas in die Robertson-vallei waar elkeen sy rol met passie vervul.

Al spog die Van Loveren-handelsmerk reeds met 12 wynreekse is daar geen einde aan die span se innovasie en ondernemingsgees nie. Buiten vir die bekende Four Cousins-leefstylwynreeks het die verskeidenheid alkoholvrye wyne en vonkelwyne die perfekte musiek in die grendeltydmark gemaak.

Die Retief-gesin en die Van Loveren-personeel is ʼn gedugte span wat hul familiewaardes- en -tradisies inspan om te verseker dat hul handelsmerk in aanvraag én toekomsbestand bly.

Kontakbesonderhede

VAN LOVEREN

Phillip Retief

023 615 1505

info@vanloveren.co.za

Terug na episodes