DINK GRÓÓT

Seisoen 6 | Episode 7

Kleinskuur Aquaponics

Shere Homestead is die Pretoria-Oos-tuiste van die Olivier-gesin. Met die uitbraak van die COVID-19-pandemie het die Oliviers besef dat hul graag selfonderhoudend wil leef om sodoende die kwessie van voedselsekerheid aan te spreek. Met behulp van Kleinskuur Aquaponics se familiegrootte-akwaponikastelsel het dié paartjie die 24 m2 net buite hul kombuisdeur in ʼn voorstedelike bestaansboerdery omskep. Die akwaponikastelsel laat hulle toe om hul eie vrugte, groente, kruie en selfs vis te kweek. Die stelsel is so suksesvol dat die Oliviers gereeld deel van hul oesopbrengs aan die omliggende gemeenskap kan verskaf. Colin Bremner van Kleinskuur Aquaponics meen enigeen kan met dié stelsel ‘n wye verskeidenheid goeie, gesonde kos vir tussen ses en agt mense in hul agtertuin verbou. Die stelsel bestaan normaalweg uit ʼn visdam (waarin varswatervis soos tilapia gekweek kan word), ʼn gruisafdeling vir vrugtedraende gewasse en ʼn diepwaterkultuurafdeling vir bogrondse en blaargewasse.

Kontakbesonderhede

SHERE HOMESTEAD

Yulia Olivier

079 165 7221

yaolivier@randed.co.za

KLEINSKUUR AQUAPONICS

Colin Bremner

012 802 0696

colin@ksba.co.za

Terug na episodes