DINK GRÓÓT

Seisoen 6 | Episode 6

Silver Mist

Die plaas Silver Mist, geleë in die Magoebaskloof-omgewing net buite Tzaneen, is waar André Venter sy boerderydroom met boorde vol avokadopeerbome uitleef. Gedurende die herfsmaande is die bome oortrek van pragmooi Hass- en Fuerte-avokadopere, gereed om geoes te word. As praktiserende apteker is André ʼn voorstander van die regte medisyne om kwale aan te spreek en hy’t vroeg reeds in sy loopbaan as spesialisboer begin om hom met kenners op die gebied van gewasbeskerming en optimalisering te omring. Ná baie jare se op- en afdraandes is André vandag een van die voorste avo-boere in die land en ʼn voorkeurverskaffer vir meeste van die groot kettingwinkels landwyd. 

Kontakbesonderhede

André Venter

082 857 3576

avsilvermist@gmail.com

Terug na episodes