
Bushvalley Chickens
Van die boubedryf tot suksesvolle braaikuikenonderneming – dís hoe Ian Preece en sy vennote hul boerderydroom verwesenlik het. Bushvalley Chickens is een van die voorste braaikuikenboerderye in die noorde van die land en reeds meer as ʼn dekade by die bemagtiging van kontrakboere in die Tzaneen-omgewing betrokke. Om sowat 4 miljoen braaikuikens per maand te lewer, 29 hokke te onderhou én boonop ʼn abattoir te bedryf, verg fyn beplanning en ʼn presisiebenadering wat slegs deur middel van spanwerk en die samewerking van toegewyde kontrakteurs moontlik is.
Kontakbesonderhede
Ian Preece
082 826 6668