
Rotondo Walnuts
Rotondo Walnuts is ʼn indrukwekkende okkerneutplaas wat net duskant Aliwal-Noord aan die oewer van die Oranjerivier geleë is. Rotondo Walnuts is Suid-Afrika se eerste kommersiële okkerneutplaas en is sedert 1999 ʼn volle filiaal van die Nywerheidsontwikkelingskorporasie, met gevestigde uitvoermarkte in Sjina, die Midde-Ooste en Europa. Die pad na sowat 500 ha se boorde was nie ʼn maklike een nie en die uitdagings wat die verbouing van dié spesialisgewas inhou, raak nie minder nie. Maar dit bly beslis die moeite werd, want hierdie bedryf staan aan die voorpunt van ʼn verwagte opbloei én die geleenthede wat dit boere bied, is legio.
Kontakbesonderhede
Adam Prowse
074 147 1525