
Devlan
Omring deur die Vaaldam en geseënd met oorvloedige natuurlike weiding, lê die Devlan-landgoed en die tuiste van die bekroonde Devlan Limousin-stoet. Die Limousin is oorspronklik ’n Franse vleisbeesras wat homself as hoogs aanpasbaar en suksesvol in Suid-Afrika bewys het. Dis veral die hoë uitslagpersentasie en besonderse DNS-samestelling van dié beesras wat vir John en Tracey Devonport na aan die hart lê. Dié veelbekroonde beesboerpaartjie het meer as 30 jaar gelede met hul Limousin-stoet begin en sedertdien slaan hulle munt én geluk uit hul spesialisonderneming.
Kontakbesonderhede
John Davenport
083 454 3095