DINK GRÓÓT

Seisoen 6 | Episode 2

MOOI River Bonsai

In episode twee van Nisboere Glans deel Richard Bamberger van MOOI River Bonsai van sy bonsai-geheime met die bekende aktrise en regisseur Mila Guy. Die woord “bon-sai” (dikwels verkeerd gespel en uitgespreek as “bonzai”) is ’n Japannese term en beteken letterlik “in ʼn houer geplant”. Meer in die algemeen is dit die versameling tegnieke om ’n boom, in sy miniatuurweergawe, so te kweek, te vorm en te versorg dat dit natuurlik en oud lyk. Dis ʼn kunsvorm in die kleine wat mettertyd ook groot besigheid kan beteken, mits die nodige sorg, tyd en geduld daaraan gewy word.

Kontakbesonderhede

MOOI River Bonsai

www.mooiriverbonsai.co.za

Richard Bamberger

072 743 7637

info@mooiriverbonsai.co.za

Terug na episodes