Seisoen 6 | Episode 16

Buhle Farmers’ Academy

Buhle Farmers’ Academy bied die afgelope 21 jaar onderrig en opleiding aan nuwe boere. Opkomende en kleinboere van regoor Suid-Afrika word ook by Buhle opgelei en daarna ondersteun om hul eie boerderye in winsgewende en volhoubare ondernemings te omskep. Die langtermyn-impak van Buhle se benadering is armoedeverligting deur middel van werkskepping en voedselsekerheid.

Buhle bied holistiese kursusse aan wat al die boerdery- en bestuursvaardigheidsaspekte aanspreek. Voornemende boere van regoor die land voltooi hul praktiese opleiding op die Buhle-kampus naby Delmas in Mpumalanga. Ná afloop van hul opleiding kan Buhle se gekwalifiseerdes op die Akademie se ondersteuningsbeamptes peil trek en verskeie finansiële ontwikkelingsprogramme word aan die belowendste alumni beskikbaar gestel.

Kontakbesonderhede

BUHLE FARMERS’ ACADEMY

Jaco Erasmus

012 492 1383 | 063 287 2732

jemarco@live.com