DINK GRÓÓT

Seisoen 6 | Episode 15

Rent a Greenhouse

Die Urban Farmers is ʼn groep stedelinge met ʼn gemeenskaplike droom … om te boer. Dis dié gedeelde liefde vir landbou wat Jaco Erasmus geïdentifiseer en genoop het om die geleentheid vir stadsboere nes hy te skep om hul vingers in die grond te kry. Met sy #Rent a Greenhouse-huurprogram bied hy aan enigeen wat op klein skaal wil boer die nodige ruimte, water, kennis en hulp om hul nisboerderydrome te verwesenlik. Dié tonnelhuurders maak ook van die mark, wat gereeld op Saterdae op die perseel gehou word, gebruik om hul oesopbrengste aan die publiek te verkoop. Jaco skerts dat hy met boere boer en dat dié nisboergemeenskap die ideale geleentheid bied om te leer én bekostigbare foute te maak. Daar pryk nie net groente, vrugte en kruie in die Urban Farmers se groeitonnels nie, daar is ook blom-, boom- en vetplantboere aan die werskaf. Danksy hul toewyding, harde werk en gemeenskapsin voorsien baie van die Urban Farmers nie net in hul eie varsproduktebehoeftes nie, maar is ook in staat om ʼn addisionele inkomstebron met hul nisboerderye te skep.

Kontakbesonderhede

RENT A GREENHOUSE

Jaco Erasmus

082 350 7942

jemarco@live.com

Terug na episodes