
Lefakong Farming
Maboang Matlou is ʼn nisboer soos min. Haar besigheidsvernuf, en belangstelling in die potensiaal van die spesialisgewas waarmee sy boer, was die dryfveer agter Lefakong Farms, haar nisonderneming in Hammanskraal. Sy is passievol oor voedselsekerheid en om mense se lewensomstandighede te verbeter. Daarom het sy in 2016 met moringa-bome begin boer sodat sy, en die omliggende gemeenskap, munt uit dié supergewas se gesondheidsvoordele, kosmetiese gebruike, toegevoegdewaarde-potensiaal en werkskeppingsmoontlikhede kan slaan. In samewerking met verskeie provinsiale regeringsdepartemente, universiteite en gemeenskapsorganisasies is Lefakong Farming, onder Maboang se leiding, die toonbeeld van ’n volhoubare ekonomiese besigheidsmodel. Laeveld Agrochem is van mening dat die grootste les wat mede-nisboere by haar kan leer, is dat sy haar aan die ontwikkeling van toegevoegdewaarde-produkte toewy om die afset van haar produk te verseker.
Kontakbesonderhede
LEFAKONG FARMING
Maboang Matlou
073 913 9035