Seisoen 6 | Episode 13

Saffricon

Saffricon, ʼn saffraanboerdery tussen Calvinia en Williston in die Noord-Kaap, het in die afgelope paar jaar, met die hoogs suksesvolle verbouing van saffraan onder plaaslike omstandighede, groot naam in die Suid-Afrikaanse landbou gemaak. Bennie Engelbrecht, stigterslid en ʼn direkteur van Saffricon, meen ná menige oefenlopies dwarsoor die land dat die Suid-Afrikaanse klimaat, ongeag die area, gunstig is om met dié uiters winsgewende gewas te boer. Saffraan is ʼn wintergewas wat droogtebestand, ryp- en weerbestand en veral waterwys is. 

Saffricon het met hul inklusiewe benadering dit ten doel om enigeen wat belangstel om met saffraan te boer, by te staan. Groot of kleinboere kan die potensiaal van saffraan, ook bekend as rooigoud, ontgin. Saffricon-vennoot en verspreider Laeveld Agrochem, deur middel van Die Plaaswinkel-aanlynwinkel, meen dis die ideale nisgewas vanweë die min grond en aanvangskapitaal wat dit verg om ʼn lonende omset met saffraan te bereik.

Op kommersiële vlak bied Saffricon ʼn verbouingskontrakstelsel, met ʼn gewaarborgde afset, aan boere en op klein skaal kan nisboere knolle in klein maat aankoop om die gewas op die proef te stel.

Kontakbesonderhede

SAFFRICON

Bennie Engelbrecht

079 454 7790

info@saffricon.com