Bainsvlei Poultry
Bainsvlei Poultry, ʼn eierplaas naby Bloemfontein, is op grootskaalse eierproduksie gefokus. Dié familieonderneming spits hom daarop toe om aan boere wat nie noodwendig die kapasiteit het om uit te brei nie, te verskaf. As eierprodusent in beide die groot- en kleinhandelmarkte kraai Bainsvlei Poultry koning.
Met ʼn produksiegemiddelde van sowat 88% is gehaltevoer nie net kernbelangrik vir die lêhenne se gesondheid nie, maar ook vir die winsmarge op die eiers. Daar pryk reeds sewe 12 000-eenheid-hokke op die plaas en daar is nog ruimte vir ʼn agtste hok, maar diversifisering bly ʼn prioriteit en Bainsvlei se sowat 600 skape vervul ʼn baie belangrike ondersteunende rol.
Danksy die groot aanvraag vir eiers is die bedryf se toekoms rooskleurig en is die volgende generasie gerat om die uitbreiding en diversifisering op Bainsvlei voort te sit.
Kontakbesonderhede
BAINSVLEI POULTRY
Chris Briedenhann
015 304 4300