DINK GRÓÓT

Seisoen 6 | Episode 10

Sabie Valley Ginger

Sabie Valley Ginger is net duskant Hazyview in die Sabie-vallei geleë waar die area se subtropiese klimaat voldoende hitte-eenhede bied om gemmer suksesvol te verbou. Die Lubbe-familie is een van die voorste gemmerboerderye in die land. Pa Japie is deel van die tweemanspan wat dié spesialisgewas in die laat 1980’s aan die Suid-Afrikaanse landboubedryf bekendgestel het en so ook sy eie kommersiële gemmerboerdery gevestig het. Vandag is hy en sy drie seuns kenners op die gebied en wend hulle hierdie bekende spesery as kontantgewas in hul onderneming aan.

Alhoewel gemmer ʼn hoërisiko- én ʼn hoë-opbrengsgewas is, is dit die vermoë om die sukses te midde van hierdie uiterstes te behaal wat die Lubbes as nisboere duisend onderskei.

Kontakbesonderhede

SABIE VALLEY GINGER

Jaco Lubbe

082 926 5875

injatrust@gmail.com

Terug na episodes