Zini Fish Farms
Kim kuier vandeesweek in Mtunzini aan die noordkus van KZN. Haar bestemming is Zini Fish Farms, Suid-Afrika se grootste akwakultuurplaas, en haar missie is om uit te vind hoe daar op alle vlakke met soutwater tilapia vooruitgeboer word.
Tydens haar besoek ontdek Kim hoe die suksesvolle teel van soutwater tilapia die druk op natuurlike visbevolkings verlig. Sy kry ook ʼn blik op en insig in Zini se indrukwekkende verskeidenheid fasiliteite – van die broeiery waar meer as 2 000 tilapia aktief teel tot die broeipoel wat die kapasiteit het om jaarliks al 26 damme op die plaas aan te vul en boonop babavissies aan opkomende boere in die omgewing te verskaf.
Kontak besonderhede:
035 340 1018
https://www.zinifishfarms.co.za/