DINK GRÓÓT

Seisoen 5 | Episode 7

Constantia-kersieplaas

Mali kuier in die prentjiemooi Oos-Vrystaat. Sy bestemming is die Constantia-kersieplaas in Ficksburg; die hartland van kersiewêreld waar hy by die derde-generasie boer uitvind wat die familie alles doen om met die tyd én hul wengewas tred te hou.

Kersies, wat eers wild op die plaas gegroei het, is reeds meer as ʼn dekade lank die fokus van hul aandag en toewyding – en die bron van wins, opwinding en watertandprodukte, van vars kersies en konfyt tot supergesonde sap.

Nog ʼn hoogtepunt van die episode is die Kersiefees wat reeds meer as vyf dekades lank in Ficksburg plaasvind. Mali loer in by die stalletjies, proe aan die lekkernye en neem deel aan die toere na die verskeie kersieplase in die omgewing.

Kontak besonderhede:
074 123 1317
http://constantiafarmstall.co.za/
constantiacherryfarm@gmail.com
Facebook: https://www.facebook.com/constantiacherryfarmstall/
Instagram: constantiacherryfarm

Terug na episodes