DINK GRÓÓT

Seisoen 5 | Episode 6

BBS Farm

BBS Farm in Port Shepstone aan KZN se Suidkus is die tuiste én die inspirerende resultaat van drie vroue se visie, gerugsteun deur hul harde werk, passie, opoffering en toewyding. Kim kuier by Busi Lubanyana, Bongi Lushaba, en Slindile Zondi en vind meer uit omtrent hul ongelooflike reis na sukses en al die struikelblokke wat hulle op die pad ervaar en te bowe gekom het – van werkloosheid en ontoereikende opvoeding tot ʼn gesukkel om befondsing by die regering te kry.

Op al hierdie vlakke en meer, het hulle getriomfeer. Vandag behels hul boerdery, benewens hoogs winsgewende en gesogte makadamianeute, ook erfenistamaties in soveel kleure as wat daar deure is wat hierdie vernuwende gewas vir hulle oopmaak … Om nie te praat van die talle welverdiende toekennings wat die driestuk al ingepalm het nie!

Terug na episodes