First Light Farms
First Light Farms het in 2017 tot stand gekom toe twee afgestudeerde vriende op ʼn letterlik groeiende konsep afgekom het: om vars gespruite groente, oftewel mikrogroente, te verbou. Aanvanklik het dié twee uitsluitlik op die restaurantmark gefokus, maar danksy hul navorsing en ʼn stewige skeut inspirasie, het hulle die eindelose gesondheidsvoordele van dié minigewasse aan ’n wyer mark bekendgestel en is hulle die trotse eienaars van ’n volhoubare onderneming.
Andrew en Byron kombineer organiese groeitegnieke en volhoubare tuinboumetodes met hul passie vir die groenbedryf. Die resultaat is ʼn dinamiese besigheid met produkte wat op groot- en kleinhandelaars se rakke pryk en vir vele spyseniers en restauranteienaars die kroon span.
Kontak besonderhede:
072 596 6043
082 900 9227
info@firstlightfarms.co.za
https://firstlightfarms.co.za/
Facebook: https://www.facebook.com/FirstLightFarms/