DINK GRÓÓT

Seisoen 5 | Episode 4

Bronaar

Fanie van der Merwe is die trotse eienaar van Bronaar, ʼn hoogs suksesvolle groente- en vrugteplaas in die Koue Bokkeveld wat al geslagte lank in die Van der Merwe-familie is. Die afgelope klompie jare doen Fanie egter ook baanbrekerswerk en bereik nuwe hoogtes met ’n ietwat volksvreemde gewas. Die tegniek vir die verbouing van witlof, vertel hy, is “per ongeluk” in die 1800’s in België ontdek. Sedertdien het dit ʼn baie gewilde en winsgewende stapelgroentesoort in Europa geword. Vandag, danksy Fanie se besluit om witlof te verbou as ʼn manier om sy boerdery te diversifiseer, geniet dié veelsydige en voedsame groentesoort ook nou toenemende gewildheid in Suid-Afrika – en groeiende profyt vir Fanie.

Kontak besonderhede:
023 317 0729
fanie@bronaar.co.za

Terug na episodes