Grysappel Trust Boerdery
Hilda en Ian Fourie het voorheen hul eie wildsplaas en besigheid gehad, maar dit het ongelukkig nie uitgewerk nie. Danksy die Grysappel Trust Boerdery was en is daar egter baie geluk by die ongeluk. Ian is aanvanklik as die plaasbestuurder van Grysappel se avokado- en lietsjieboerdery aangestel. Kort voor lank het die trusteienaars die egpaar genader om aan idees vir aanvullende gewasse te dink. So het hulle op grenadellas afgekom, alhoewel hulle geen ervaring van dié gewas gehad het nie.
Uiteindelik het die granadellaboerdery die Fouries se lewe baie, en ten goede, verander. Dit is ʼn uitdagende bedryf en ʼn voltydse leerskool. Kennis en ondersteuning is egter altyd byderhand danksy die hulpvaardige boere van die omgewing. En hul werk is vir hulle amper so lekker soos die watertand grenadellagebak wat Hilda vir Kim voorsit.
Kontak besonderhede:
LinkedIn: Ian Fourie – Grysappel Trust