Dayora Oyster Mushrooms
Vyf jaar gelede het Yolandi du Toit niks van sampioenboerdery geweet nie, maar sy was vasberade en doelgerig. En sy het haarself behoorlik touwys gemaak, onder meer via die internet. Ná baie geleer en probeer het sy besluit om haar eie metode op die proef te stel en die res is nisboer-geskiedenis wat besig is om af te speel.
Die naam van haar onderneming – Dayora Oyster Mushrooms – is ’n samestelling van haar, haar ma en haar seun se name en dié twee is ook aktief by die besigheid betrokke.
Nog aspekte wat Yolandi laat uitstaan is haar innemende persoonlikheid, haar toewyding tot bekostigbaarheid en kennis deel, haar wye reeks produkte – van vars sampioene tot sampioenbiltong – en haar werkwinkels vir sampioen-entoesiaste.
Kontak besonderhede:
064 843 4451
Facebook: @Dayoraoystermushrooms18
https://www.dayoraoystermushrooms.co.za/