Africa Silks Farm
By Africa Silks Farm in Mpumalanga word daar met wurms vir wins gewoeker. Ronel Swart is die nisboer aan die stuur van hierdie sywurmplaas waar Oosterse sykuns en Suid-Afrikaanse vernuftigheid ontmoet.
Kim het meer gaan leer oor die verskillende wurmgenerasies en hul spesialisdieet tydens elke groeifase. Na ʼn ordentlike gril en ʼn paar onderdrukte gille, het sy ook geleer hoe om kokonne te ontrafel ter voorbereiding van die ragfyn eindproduk – wildesy.
Die kommersiële en natuurlike volhoubaarheid van Africa Silks Farm se syprodukte is uiters belangrik. Wildesy word nooit alleen gebruik nie. Dis ʼn natuurlike produk wat sy stabiliteit moet behou, daarom moet dit met oordeel hanteer word en volhoubaar mee geboer word. Ronel meen dit verg ʼn fyn maar noodsaaklike balans wat grotendeels deur hul nou kliënteverhoudings ondersteun word.
Kontak besonderhede:
http://www.africasilks.com/index.html
ronels@iafrica.com
013 767 1950