DINK GRÓÓT

Seisoen 5 | Episode 14

Leonista

In die Oos-Kaap word daar behoorlik met ʼn uitsonderlike plant gewoeker om ʼn eg Suid-Afrikaanse fynproewersdrankie te vervaardig. Anrich ontdek dat agave-alkohol van die hart, oftewel die pina, van die agave-plant gemaak word. Jim Murray, agave-boer en -alkohol vervaardiger maak Anrich touwys oor die verskil tussen tequila, mezcal en agave-alkohol. Die antwoord is ʼn trots Suid-Afrikaanse storie met ʼn winsgewende slotsom.

Dit verg egter nie net kundigheid nie, maar ook baie geduld om dié besonderse drankie te vervaardig. Dit neem tussen 12 en 15 jaar vir ʼn agave-plant om volwassenheid te bereik voordat dit geoes kan word. Daarna volg die distilleringsproses wat mede-agave-entoesias, Sarah Kennan, tot ʼn fyn kuns bemeester het. Sarah se passie vir die Karoo se agave-alkohol het tot haar eie gesogte handelsmerk Leonista gelei. Sy leer vir Anrich hoe om agave-alkohol te drink en te waardeer en hoe om sy blanco’s van sy reposado’s te onderskei.

Kontak besonderhede:
https://www.facebook.com/Leonistaspirit
sarah@leonista.co.za
071 326 2287


Terug na episodes