Sheilam Cactus and Succulent Nursery
Vandeesweek se Nisboere-bestemming is die Sheilam Cactus and Succulent Nursery in Robertson in die Wes-Kaap wat in 1954 tot stand gebring is en reeds meer as vyf dekades lank deur die Schwegmann-familie bestuur word.
Die vrou aan die stuur van dié kwekery, wat allerweë as een van SA se bestes beskou word, Minette Schwegmann, neem vir Anrich op ʼn toer deur ʼn wonderwêreld van sowat 2 000 inheemse en eksotiese vetplantspesies.
Daar leer Anrich hoe die interessante spesies te gekweek en geoes word en dat hulle baie interessante name het soos Skoonma se Stoel. Hy ontdek ook dat sekere spesies 17 tot 20 jaar neem om sokkerbalgrootte te bereik voordat dit blom; wat Minette se plaaslike en internasionale verspreidingstelsel behels en, les bes, watter rare, dog ware bestellings sy al moes hanteer!
Kontak besonderhede:
https://www.sheilamnursery.com/
023 626 4133 or 023 627 0032