DINK GRÓÓT

Seisoen 5 | Episode 10

Neofresh

Mali kuier vandeesweek in Hectorspruit in Mpumalanga by Neofresh, ʼn agribesigheid wat spesialiseer in die produksie, verpakking en bemarking van papajas.

Tydens sy besoek toer hy oor die grens na Mosambiek waarheen die papajaplantasies onlangs verskuif is. Hy ontmoet die kundiges wat die produksie en teling van die produk tot ʼn fyn kuns vervolmaak het.

En hy ontdek hoe die eienaars hul besigheidsfilosofie in alles uitleef – van die wetenskaplike produksiemetodes en deelname aan die totale waardeketting tot hul bydrae tot plattelandse ontwikkeling en die lewensgehalte van hul werknemers.

Kontak besonderhede:
013 590 0947
http://neofresh.net/
adminmanager@neofresh.net


Terug na episodes