A
African Marmalade
Nadat Siphiwe Sithole die joernalistieke en korporatiewe wêrelde verower het, het sy haar entrepreneurservaring op ’n ander veld toegespits. Sy het haar tot die welstand van arm migrasiewerkers verbind en haar ondernemingsgees werp nogmaals besonderse en volgehoue vrugte af. Op African Marmalade, Siphiwe se plaas in Krugersdorp, verbou sy inheemse groente en vrugte vir mede-Afrikane – een van min verskaffers van dié produkte in Suid-Afrika.
Die saadjie vir dié idee is tydens haar reise deur die vasteland geplant. Sy het bewus geraak van die stryd wat Afrika se migrasiegemeenskappe voer om voedsel te bekom. Wat Siphiwe aan hulle verskaf is nie net organies, voedsaam en volhoubaar nie. Dis die tipe produkte en smake waarna hierdie kwesbare gemeenskappe hunker en wat nie sommer op winkelrakke of teen bekostigbare pryse bekombaar is nie.
Kontak besonderhede:
0722321174
Facebook: African Marmalade
www.africanmarmalade.co.za