Rosle Boerdery | Agri Technovation | Aqua Flora SA



MAKROPLAAS VAN DIE WEEK
Rosle Boerdery
Mali bevind homself tussen ʼn magdom bloubessies by ʼn indrukwekkende tegnologies gevorderde boerdery buite Groblersdal. Dié vrugtesoort word daar verbou as ʼn aanvulling tot ʼn bestaande sitrusboerdery. PP Roets vertel hy en mede-eienaar Herklaas de Wet is van die eerste bloubessieboere in die noordelike deel van die land en dat hulle, ten spyte van die min beskikbare inligting, reeds meer variëteite as die kompetisie verbou as deel van hul diversifikasiestrategie. Hul sukses is te danke aan hul toewyding, Laeveld Agrochem se plaag- en pesbeheerprodukte en – helaas – hul toegang tot kapitaal. Om ’n bloubessieboerdery van die grond af, of liewer in die grond te kry, kos R2 tot R3 miljoen per hektaar. As jy in September plant, kan jy in Julie oes. En as alles volgens plan verloop, kan jy in die derde jaar jou aanvanklike belegging verhaal.
F:+27 71 690 0235
E: admin@rosle.co.za
W: https://www.rosle.co.za
VERSKAFFER VAN DIE WEEK
Agri Technovation
Phillip se bestemming vir die week is Wellington in die Wes-Kaap waar hy besoek aflê by Laeveld Agrochem se eie Agri Technovation, ʼn onderneming wat aan die voorfront van landboukundige tegnologiese ontwikkeling staan. Direkteur Erik de Vries vertel dat Agri Technovation in Mei 2014 tot stand gekom het met die doel om werk te maak van twee fokusareas: Gespesialiseerde dienste en voedingsprodukte wat deur ʼn deskundige span ondersteun word. En alles word gedoen met die oog op presisieboerdery, om data te laat werk vir en waarde toe te voeg vir die boer. Vandeesweek word Phillip aan Erik se span bekendgestel. Hulle wys vir hom ʼn vernuftige nuwe skêrtjiepatent waarmee een van hulle vorendag gekom het, en volgende week gaan hy kyk hoe Agri Technovation se fabriek lyk.
F: +27 21 300 0543
E: info@agritechnovation.com
W: https://www.agritechnovation.com
NISBOER VAN DIE WEEK
Aqua Flora SA
Chris bevind homself by Aqua Flora SA, ʼn waterplantkwekery buite Pretoria. Aqua Flora SA kweek bykans 100 verskillende spesies vleilandplante waarvan die meeste inheems is. Die res van hul voorraad is eksotiese variëteite wat vanaf ʼn wye verskeidenheid lande ingevoer word. Deel van hul suksesresep is die Laeveld Agrochem-produkte wat hulle vir hul pes- en plaagbeheer gebruik. Pieter van der Walt, wie se ma die onderneming begin het en wat dit saam met hom bestuur, het heelwat raad en riglyne vir voornemende waterplantboere asook interessante insigte omtrent hul mark en bemarkingsbedrywighede.
F: +27 83 451 9975
E: info@aquaflora.co.za
W: https://www.facebook.com/aquaflorasa/