Welmac | Introlab | Multiplant



MAKROPLAAS VAN DIE WEEK
WelMac
Mali bevind homself vandeesweek in Louis Trichardt se wêreld op die welvarende makadamiaplaas, WelMac. Hy gaan nie net op ʼn toer van die indrukwekkende en tegnologies hoogs gevorderde fasiliteite nie. Hy leer ook vir die heel eerste keer in sy lewe om ʼn makadamiaboompie te plant – en hy leer van die reusagtige welvaartpotensiaal wat makadamiaboerdery inhou, mits ʼn mens goed beplan, reg begin en die enorme diversifikasiemoontlikhede, onder meer met makadamia-olie, raaksien en benut.
F: +27 14 743 2460
E: admin@bufland.co.za
W: https://welmac.nl/nl/
VERSKAFFER VAN DIE WEEK
Introlab
Phillip lê besoek af by Metson World, ’n landboukundige vervaardigingsmaatskappy in Johannesburg wat fokus op ’n volledige reeks gewasgerigte produkte. Sy gasheer, en Episode 3 se gas van die week, is besturende direkteur Adri Truter. Hy neem Phillip op ’n toer van die indrukwekkende fasiliteite en verduidelik, onder meer, dat Metson aan ʼn wye spektrum van unieke behoeftes voldoen. Aan die einde van die besoek is Phillip beïndruk met die passie en gehalte wat duidelik net twee van die dryfvere agter die sukses van Metson World is.
f:+27 21 864 2145
E:https://www.metson.co.za/
NISBOER VAN DIE WEEK
Multiplant
Chris vind uit dat die gras aan Gauteng se kant van die Oranjerivier besonder groen is, onder meer danksy die hektare gras wat op bestelling van kleinhandelaars by die Multiplant Seedling Nursery in die Magaliesberg verbou word. Dié onderneming, wat sowat 30 jaar gelede begin is, hou besonder goed tred met tendense en hou uiteindelik ook nogal ʼn uitdaging vir die beoordelaarspaneel in.
f:+27 12 250 2500
E:https://multigrow.multiplant.co.za/