DINK GRÓÓT

Seisoen 4 | Episode 3

Bufland Boerdery | Metson World | Hydeaway Farm

 

 

MAKROPLAAS VAN DIE WEEK

Bufland Boerdery

Mali kuier by Bufland in die Naboomspruit-distrik, die wenplaas wat in 1959 deur die huidige eienaar, Leon Eksteen, se pa begin is. Deur die jare het Bufland begin uitblink met alles van beeste en sitrus tot aartappels en, onlangs, die toenemend gewilde pikante rissie, oftewel peppadew. Dié gewas werk volmaak as deel van die plaas se suksesvolle wisselboustelsel en ook omdat dit optimaal van die beskikbare arbeidsmag gebruik maak. Volgens Leon is pikante rissies beslis ʼn nisproduk waarmee ʼn mens ongetwyfeld op ʼn klein skaal kan begin boer én wins maak, mits jy die regte infrastruktuur het om jou produk by die mark te kry.

F: +27 14 743 2460
E: admin@bufland.co.za
W: https://www.bufland.co.za/


VERSKAFFER VAN DIE WEEK

Metson World

Phillip lê besoek af by Metson World, ’n landboukundige vervaardigingsmaatskappy in Johannesburg wat fokus op ’n volledige reeks gewasgerigte produkte. Sy gasheer, en Episode 3 se gas van die week, is besturende direkteur Adri Truter. Hy neem Phillip op ’n toer van die indrukwekkende fasiliteite en verduidelik, onder meer, dat Metson aan ʼn wye spektrum van unieke behoeftes voldoen. Aan die einde van die besoek is Phillip beïndruk met die passie en gehalte wat duidelik net twee van die dryfvere agter die sukses van Metson World is.

F: +27 11 792 8968
E: info@metson.co.za
W: https://www.metson.co.za/


NISBOER VAN DIE WEEK

Hydeaway Farm

Simonia bevind haarself net buite De Hoek by ʼn sonderlinge gesinsonderneming, Hydeaway Farm, waar die Hyde-gesin haar met ope arms verwelkom en touwys maak. Sy vind uit waarom kaasprodusente wêreldwyd Jerseymelk as die heel beste beskou, en geniet alles gate uit – van die toer van dié interessante nisplaas en wenke omtrent kaas maak tot die watertand eindprodukte.

W: https://hydeawayfarm.wordpress.com

Terug na episodes