DINK GRÓÓT

Seisoen 4 | Episode 2

Rica Meats | Syngenta | 3 Bushketeers

 

 

MAKROPLAAS VAN DIE WEEK

Rica Meats

Mali se gasheer by dié vorentoe varkboerdery is eienaar Pierre Kleynhans wat hom neem op ʼn toer deur die indrukwekkende fasiliteite – van die “kraamafdeling” waar die kleintjies gebore word tot die abattoir wat vir Rica Meats onmiddellike toegang tot hul mark bied. Bestuurder Prieur du Plessis vertel dat die varkvleisbedryf in Suid-Afrika jaarliks groei. En Rica Meats is gereed om hierdie groeiende vraag te akkommodeer, onder meer danksy hul unieke toewyding en benadering tot integrasie, wat strek van die genetika van die diere tot die produk wat uiteindelik op die verbruiker se bord verskyn.

F: +27 11 452 1890
E: rica@rica.co.za
W: http://www.rica.co.za/


VERSKAFFER VAN DIE WEEK

Syngenta

Phillip word by Syngenta se aanleg in Brits ontvang deur bemarkingsbestuurder Ben Schoonwinkel, wat vir hom ʼn kort geskiedenis van die oorspronklike Switserse maatskappy gee en hom daarna op ʼn omvattende toer deur die aanleg neem. Syngenta, vertel Ben, is basies ʼn landbou-chemiese maatskappy, maar het ook ʼn saadkomponent. Die produk wat hulle egter die grootste mededingende voorsprong gee, is hul finansieringsdiens aan boere. “Die boer het basies ʼn fasiliteit waarteen hy produk kan trek, waarvoor hy dan eers aan die einde van die seisoen teen ‘n baie aantreklike rentekoers betaal,” verduidelik Ben. Afgesien van hierdie indrukwekkende aanbiedinge in die hede, staan Syngenta ook gereed met indrukwekkende idees vir die toekoms.

F: +27 11 541 4000
W: https://www.syngenta.co.za


NISBOER VAN DIE WEEK

3 Bushketeers

Chris kuier ook in Brits, of liewer, net buite die dorp, by 3 Bushketeers, ʼn kwekery wat in inheemse bome spesialiseer. Sy gasheer, Andries Botes, vertel dat hy en sy vennoot, Francois du Toit, 12 jaar gelede die gaping in die mark raakgesien het, naamlik om uitheemse met inheemse bome te vervang. Vandag staan die besigheid sterk, onder meer omdat dit nie seisoensgebonde is nie; danksy die omvattende aard van die fasiliteite kan steggies die hele jaar lank produseer word. Andries se advies aan voornemende boomboere is eenvoudig: Water is noodsaaklik, ʼn rypvrye omgewing is verkieslik, en hoe nader jy aan jou mark is, hoe beter vir jou, jou kliënte en jul brandstofrekeninge.

F: +27 12 035 0020
Facebook: 3Bushketeers

Terug na episodes