DINK GRÓÓT

Seisoen 4 | Episode 15

CPJ Erasmus & Seun Boerdery | RussellStone Group | Themba Trees

 

 

MAKROPLAAS VAN DIE WEEK

CPJ Erasmus & Seun Boerdery

Mali kuier in die Laeveld by CPJ Erasmus & Seun Boerdery waar die eienaars so ʼn goeie verhouding met hul werknemers het dat hulle saam op die gemeenskap se grond boer. Eienaar Kallie Erasmus sr. vertel vir Mali dat hulle hoofsaaklik sitrusboere is, maar dat hulle ʼn geruime tyd reeds met groot sukses ook soetrissies onder skadunet verbou. Kallie jr. neem vir Mali op ʼn toer van die indrukwekkende plaas en ewe indrukwekkende verpakkingsperseel. Daarna gee hy raad aan aspirantboere wat soetrissies op een hektaar wil verbou.


F: 015 004 0365
E: admin@cpjerasmus.co.za

VERSKAFFER VAN DIE WEEK

RussellStone Group

Phillip lê besoek af by die RussellStone Group se indrukwekkende sojaboonverwerkingsaanleg en ontdek op watter maniere hierdie uithaler onderneming nuwe standaarde stel. Hy kry verskeie fasette van die tegnologies gevorderde perseel te sien en vind uit watter opwindende ontwikkelings alles in die pyplyn is.


F: +27 12 943 0150
E: info@rsprotein.co.za
W: https://rsprotein.co.za/


NISBOER VAN DIE WEEK

Themba Trees

Anrich kuier by Caroline de Villiers, die eienaar van Themba Trees, ʼn pragkwekery in Grabouw in die Elgin-vallei wat fokus op die groei en verkoop van ʼn verskeidenheid gevestigde bome. Caroline deel haar kleurryke geskiedenis en indrukwekkende akademiese rekord, reputasie en ervaring met Anrich. Sy wys ook vir hom haar plaas, insluitend die groentetuin wat sy vir werknemers begin het. Les bes gee sy raad vir voornemende boomkwekers.


F: +27 83 419 0223
E: info@thembatrees.co.za
W: http://www.thembatrees.co.za/

Terug na episodes