DINK GRÓÓT

Seisoen 4 | Episode 14

PP Boerdery | AquaSoil | Origin Organics

 

 

MAKROPLAAS VAN DIE WEEK

PP Boerdery

Mali kuier in Tzaneen by Pierre Broodryk wat hom die storie van die plaas vertel en die ingewikkelde piesangboerdery aan hom verduidelik – van plant en oes tot gradering. Tussen die gesels deur onderneem Mali ʼn insiggewende toer van die verskillende fasette van dié indrukwekkende plaas en hy kry raad oor insetkoste, bemarkingsuitdagings en vooruitsigte.


VERSKAFFER VAN DIE WEEK

AquaSoil

Nisboere Seisoen 1 se wenner, Gideo van der Merwe, is besig om saam met ʼn aantal vennote soos Laeveld Agrochem op groot skaal uit te brei. Die hooffokus van sy nuwe onderneming is ʼn reeks produkte wat daarop gemik is om die uitdagings wat skaars hulpbronne in landbou, soos water en energie, in die gesig staar, die hoof te bied. Hy vertel dat die produkte nie net vir die landbou van groot nut sal wees nie, maar ook vir mynbou.


F: +27 12 996 3010
E: info@aquasoil.co.za
W: https://aquasoil.co.za/


NISBOER VAN DIE WEEK

Origin Organics

Simonia bevind haar tussen pragtige groen heuwels en boorde vol moringabome buite Nelspuit. Die manne met die planne agter die verbouing van dié gewas wat sy oorsprong 6 000 gelede in Afrika en Asië het, is Julian de la Hunt, Llewellyn Marshall en Zane Halle. Zane neem vir Simonia op ʼn toer van die boerdery en verduidelik hoe alles werk, insluitend die ongelooflike medisinale voordele van die moringa. Les bes proe Simonia moringatee en vind uit watter produkvariasies alles beskikbaar is.


F: +27 87 157 0921
E: info@originofmoringa.com
W: http://www.originofmoringa.com/

Terug na episodes