DINK GRÓÓT

Seisoen 4 | Episode 13

Macarara Simmentalers | Corteva Agriscience | Mushroom Guru

 

 

MAKROPLAAS VAN DIE WEEK

Macarara Simmentalers

Mali kuier op die plaas Macarara Simmentalers waar Hans Francke met Simmentalerbeeste boer. Dié ras, wat in Switserland sy oorsprong het, het nie net puik persoonlikhede nie; hulle is ook uitstekend wanneer dit kom by melk en vleis en bepaald voor in die koor wanneer dit kom by skoutyd. Hans staan ook gereed met wenke vir voornemende Simmentalerboere, insluitend riglyne oor wat die oefening ’n mens uit die sak behoort te jaag.


VERSKAFFER VAN DIE WEEK

Corteva Agriscience

Phillip is in Delmas in Noordwes by Corteva Agriscience, die plaaslike tak van die internasionale sakereus DowDuPont. Hy onderneem ʼn toer van die indrukwekkende perseel en vind uit wat die onderneming danksy internasionale insette en plaaslike vernuf doen om boere na die volgende vlak te neem.


F: +27 12 683 5700
W: https://www.corteva.co.za/


NISBOER VAN DIE WEEK

Mushroom Guru

Anrich kuier by Mushroom Guru, oftewel Craig Fourie en sy wederhelf Nikki, naby Somerset-Wes waar hulle met sampioene boer en werkswinkels aanbied. Hulle spesialiseer ook in Reishi-sampioene weens dié se gevorderde medisinale eienskappe. Anrich is verstom dat die sampioenboerdery midde-in ’n industriële gebied plaasvind en oor die wetenskaplike, laboratorium-gebaseerde manier waarop Craig die onderneming bestuur – van die kweekkamer tot laboratorium, van die sampioene self tot die medisinale en skoonheidsprodukte wat daaruit vervaardig word.


F: +27 21 854 5126
E: info@mushroomguru.co.za
W: https://www.mushroomguru.co.za/

Terug na episodes