Vinefera Farm | Villa Crop | Summerfields Estate
MAKROPLAAS VAN DIE WEEK
Vinefera Farm
Mali kuier by Louis Loubser wat al 10 jaar lank op die familie se sitrus- en perskeplaas in Robertson boer. Oor die jare heen het hulle alles van sitrus tot pruime, tafeldruiwe tot selfs mielies ingebring. Nog ʼn bewys van Louis se ondernemingsgees is die sogenaamde Tree hog wat hy ontwerp het om water en krag te bespaar. Louis verduidelik vir Mali hoe dié vernuftige patent werk en deel ook advies vir voornemende boere.
F: +27 72 549 9925
E: louis@treehog.co.za
W: http://www.treehog.co.za/
VERSKAFFER VAN DIE WEEK
Villa Crop
Phillip se missie by Villa Crop in Kemptonpark is om uit te vind hoe dié voorslagmaatskappy se jongste tegnologie lyk. In die loop van sy besoek ontmoet hy hul besproeiingsdeskundige, Todd Cardwell, wat vir hom ʼn oorsig van die maatskappy se spesialiteitsareas gee en ook hul baanbrekersproduk, die Interlock, demonstreer. Verder gesels Phillip met Brian de Villiers, Villa se deskundige op die gebied van byvoegmiddels en daarna vind hy uit wat prof Charlie Reinhardt alles by die Villa Akademie vermag.
F: +27 87 740 3490 / +27 11 396 2233
E: info@villacrop.co.za
W: http://www.villacrop.co.za
NISBOER VAN DIE WEEK
Summerfields Estate
André van Heerden vertel vir Simonia dat hy en sy vrou, Ilse, gedink het hulle gaan rustig aftree toe hulle dié spogplaas in 2002 gekoop het. Maar weens ʼn voorspoedige sameloop van omstandighede bestuur hy en sy wederhelf egter vandag ʼn onderneming wat suksesvolle agritoerisme vergestalt en wat die spektrum dek van makadamias vir uitvoer en lietsjies vir gin tot ʼn lodge, spa en restaurant wat gevul is met die rose wat hul kenteken is.
F: +27 13 737 6500 / +27 82 611 6956 / +27 87 231 0117
E: reservations@summerfields.co.za