DINK GRÓÓT

Seisoen 4 | Episode 1

Greenway Farms | Rolfes Agri | MyAquaponics

 

 

MAKROPLAAS VAN DIE WEEK:

Greenway Farms – Rugani Carrots / Rugani Juice

Mali bevind hom op Greenway Farms waar verkoopbestuurder Brandon de Jager vir hom wys wat Rugani Carrots doen om hulle nóg dieper by die mark in te wortel. Hul jongste vernuwing is ʼn reeks sappe wat hulle danksy ʼn verskeidenheid doelgeboude toerusting en die span se doelgerigte toewyding met groot sukses formuleer en vervaardig. Ná sy besoek aan die vervaardigingsarea en pakhuis, kuier Mali in die voorhuis by die eienaar en meesterbrein, Vito Rugani, om uit te vind watter insigte en wysheid tot sy volgehoue sukses bydra.

F: +27 72 698 9332
E: marketing@greenwayfarm.co.za
W: http://www.ruganicarrots.co.za/


VERSKAFFER VAN DIE WEEK:

Rolfes Agri

Phillip se missie is om in seisoen vier nuwe verskaffers te besoek om te sien watter bydrae hulle vir landbouers maak en om seker te maak dat hulle in dié proses korrek met die omgewing omgaan. Sy gasheer is verkope- en bemarkingsbestuurder, Gerrit Badenhorst, wat vir hom op ʼn toer deur Rolfes Agri se omvatttende geriewe by hul Pretoria-perseel neem en verduidelik hoe die vurk in die hef steek met die maatskappy se twee afdelings, Rolfes Agri en Rolfes Absolute Science. Philip is tevrede en beïndruk met die rol en die verskil wat die maatskappy maak.

F: +27 12 803 0145
E: info@rolfesagri.co.za
W: https://www.rolfesagri.co.za


NISBOER VAN DIE WEEK:

MyAquaponics

Die eerste boerdery van die seisoen wat meeding om ʼn plek op die “10 van die Bestes”-ranglys is MyAquaponics. Hierdie akwaponika-onderneming is op die perseel van die Val Verde Eco Hotel en, vertel bestuurder Sean Moodey, hulle het ʼn kontrak om die hotel se vars produkte te verskaf. Hy neem vir Simonia op ʼn toer deur die plant- en visryke onderneming en verduidelik dat ʼn mens vir so min as R1 000 ʼn stelsel op die been kan bring. Om winsgewend te wees, is marktoegang nodig en, ideaal gesproke, ʼn kontrak met ʼn kleinhandelaar soos Pick n Pay of Spar.

F: +27 10 5927856
E: sales@myaquaponics.co.za
W: https://www.myaquaponics.co.za/

Terug na episodes