Baardaasvoëls | Fynbos | Medisinale plante
Baardaasvoëls
S: 082 925 3023a
E: onair@africanraptor.co.za
AFRICAN RAPTOR CENTRE
Chris kuier by Shannon Hoffman, wat bedreigde roofvoëlspesies teel by African Raptor Centre in KZN. Haar avontuur met roofvoëls, vertel Shannon, het 18 jaar gelede begin toe sy besluit het om Dubai toe te gaan “om een dol ding te doen” voordat sy te oud word. Sy het in Arabië gewerk met valke, ‘n sterk plaaslike tradisie, en met haar terugkoms in Suid-Afrika het sy besluit sy gaan werk maak van haar passie. Die sentrum fokus op die teel van baardaasvoëls, en help ook met die spesie se rehabilitasie, beserings en siektes. Sy vertel, en wys, vir Chris van Lesedi, ‘n vroulike baardaasvoël wat van ‘n sangoma gekonfiskeer is en wat as ‘n surrogaatouer vir baba voëls gebruik word. Terwyl die koste van die sentrum gedek word deur donasies van verskeie mense, besef Shannon dat sy haar onderneming plaaslik en internasionaal na die volgende vlak moet neem – iets wat baie geld gaan verg. Sy beklemtoon dat die African Raptor Centre vir haar ‘n passie is, en nie iets wat sy vir geldelike gewin doen nie.
Fynbos
S: 084 205 7300
E: Jacky@defynne.co.za
DE FYNNE KWEKERY
Anrich bevind hom by De Fynne Kwekery wat in 2001 as ‘n agterplaasboerdery met 1 000 plante begin het. Vandag is dié suksesvolle boerdery in die Noorder-Paarl 22 hektaar groot en gaan dit van krag tot krag onder die bekwame leiding van Jacky Goliath, ‘n bekroonde tuinboukundige, en die gesig van die kwekery. Jacky se liefde vir plante het reeds as kind, in haar pa se “huistuin”, begin en gelei tot haar verdere studie in tuinboukunde. Jacky neem vir Anrich op ‘n toer en vertel vir hom meer van haar bedryf en van haar mark – landskapargitekte, kleinhandel, groothandel en kommersieel – en die risiko’s tot die belangrikheid van volhoubaarheid en die noodsaaklikheid van navorsing.
Medisinale en eetbare kruie
S: 083 300 2933
E: dupreezjc@worldonline.co.za / christine@hlokomela.org.za
HLOKOMELA HERB GARDEN
Mali lê besoek af by die kommersiële plaas, Ini Hak Boerdery in Ventersdorp. Ini Hak was eers ‘n Mali lê besoek af by die Hlokomela Herb Garden net buite Hoedspruit. Dié plek van inspirasie is in 2005 begin deur MJ du Preez om na plaaswerkers om te sien te midde van die groeiende aantal HIV-slagoffers. Vandag bestaan die onderneming uit sowat 10 klinieke, asook ‘n kruietuin as ‘n inkomste-genererende projek. Die man agter die tuin, Solomon Ngobeni, vertel daar word ‘n wye verskeidenheid eetbare kruie soos basilie en roosmaryn verbou, wat onder meer aan plaaslike restaurante en die publiek verkoop word. Sy toekomsplanne is om die tuin en kliëntebasis te groei en sodoende meer werk te skep.
Op Hlokomela se pad tot hier en vorentoe, vertel MJ, is hul goeie verhouding met Laeveld Agrochem van onskatbare waarde. “Ons sou verlore wees sonder hulle,” sê hy