Eendvleis en -eiers | Mierboerdery | Groente



Eende

S: 083 454 9767
E: shongweniducks@gmail.com
THE DUCK LADY
Chris gaan vind uit of Brian en Heneleen Swart hul eendjies in ‘n ry het op hul plaas, The Duck Lady, in die groen heuwels van Hillcrest in KZN. Heneleen vertel sy het aanvanklik met lewendehawe geboer, maar toe besluit dat sy liewer ‘n nismark wil skep. Sy en Brian het ‘n klompie baba-eentjies en ‘n broeikas gekoop, en nooit weer teruggekyk nie. Kom dit by koste, vertel Brian, is hoenders meer pieperig as eende, maar dit neem langer om ‘n eend slagklaar te kry. Teen die tyd dat die Swarts ‘n geslagde eend het, kos dit hulle as produsente R45 per kg, insluitend die eksklusiewe organiese dieet wat hulle hul pluimvee voer. Brian se raad aan voornemende eendboere is om nie met minder as 2 000 eende te begin nie, en om hul huiswerk vooraf te doen.
Miere

S: 076 033 5834 / 072 101 1366
E: info@antworldafrica.com
ANT WORLD AFRICA
Simonia is weliswaar geen luiaard nie, maar vandeesweek bevind sy haarself in Benoni, by ‘n wonderwêreld van miere wat geskep is deur Christopher Witrin en Storm van Zyl wat werk daarvan maak om hierdie gewilde Europese stokperdjie Suid-Afrika toe te bring. Daar is ‘n wye verskeidenheid mierspesies, verduidelik hulle, en miere is nie net unieke en interessante troeteldiere nie; dit is ook nuttig om meer van en omtrent hulle te leer. ‘n Mens kan jou eie mierplaas bou, maar jy kan ook ‘n pragtige “ontwerpers”-beginstel by Ant World koop – met alles van toerusting tot voorraad – wat R1 100 kos as jy dit daar gaan oplaai, en R1 300 om te laat koerier.
Groente

S: 082 837 9979 / 082 469 8644
GROEN GENADE BOERDERY
Mali is vandeesweek by die Groen Genade Boerdery in Brits, waar hy gesels met Dewald van Vuuren wat met blomkool, broccoli, rooikool, tamaties en groenrissies boer. Groen Genade het begin op 30 hektaar en staan vandag op 140. Een van die “hoofbestanddele” van dié wenplaas se sukses is Landbou Agrochem en Agri Technovation se bydraes, en veral die persoonlike verhouding wat Dewald met agent Johan van der Merwe het. Dewald se toekomsplanne is om Groen Genade stelselmatig te groei, maar om eers dit wat hy reeds het, optimaal te benut. “Met Laeveld Agrochem aan my kant, lyk die toekoms blink,” is sy slotsom.