Akwaponika | Mielie- en dierevoere-boerdery | Groente



Akwaponika

W: http://www.lapieusaqua.co.za/contact.html
LA PIEUS AQUA –
Chris gaan kuie by ‘n eersteklas nisboer van die eerste seisoen; Rikalize Reyneke, die tiener-entrepreneur en meesterbrein agter die florerende akwaponika-onderneming, La Pieus Aqua. Sedert Simonia se besoek in Seisoen 1 het Rikalize nie op haar louere gerus nie. Sy het die eerste akwaponikawinkel in Suid-Afrika oopgemaak wat boonop as ‘n lewende laboratorium geakkrediteer is en sy het begin boer met katvis waarvoor daar ook ‘n groot en gediversifiseerde mark is. Boonop is beide sy en haar pa druk besig met konsultasie aan ‘n groeiende aantal klante. Toe sy begin het, se Rikalize, het sy 1 000 visse gehad. Vier en half jaar gelede was die total 40 000 en vandag staan sy “ma” vir 88 000.
Groente
REEDS ORGANICS
Anrich leer lewens- en boerderylesse by, die suksesvolle nisboer agter Reeds Organics. Toe Shadrack desjare Johannesburg toe gekom het, vertel hy, wou hy nie sommer net werk soek nie; hy wou iets op sy eie begin. Vandag is Reeds Organics letterlik en figuurlik ‘n groeiende onderneming wat nie net aan ‘n verskeidenheid markte verskaf nie, maar ook werkgeleenthede aan die gemeenskap bied.
Mielies en voer
S: 083 377 6618
NEUHOFF BOERDERY
Mali se bestemning van die week is die Neuhoff Boerdery wat reeds vier geslagte in die Neuhoff-amilie is. Sy oupa, vertel oom Jannie Neuhoff, het die plaas desjare by president Paul Kruger gekoop en dit is deur die Landbank gefinansier. Vandag gaan dié reuse mielie en voerboerdery steeds van krag tot krag – danksy die deursettingsvermoë van die Neuhoffs en die omvattendse diens van Laeveld Agrochem wat hulle help om nog verder vooruit te boer.