DINK GRÓÓT

Seisoen 3 | Episode 5

Granate | Groente | Orgideë

Granate

S: 084 853 8130
E: info@ganico.co.za

GANICO

Simonia gesels weer met Jason Callen, die eienaar van Ganico, ‘n organiese plaas waar hy en sy vrou aanvanklik net granate verbou het. Sedertdien het die Callens egter gediversifiseer, en deesdae boer hulle ook met appelliefies, suurlemoene en boontjies; alles is gesertifiseerd organies. En wat hulle oes, voorsien hulle aan niche-boetiekwinkels en groter kleinhandelaars, met kleiner hoeveelhede wat na Dubai uitgevoer word.

Groente

ROTHMANN BOERDERY

S: 082 909 9077

Mali se inspirasiestasie vir die week is die bekende Rothmann Boerdery. Dié suksesverhaal het toeka in die 70’s begin toe die huidige eienaar, Danie Rothmann, se ouers ‘n 12 hektaar plaas gekoop het. Mnr. Rothmann sr. het by Nissan gewerk, terwyl sy ma met kool, patats en uie geboer, en die groente langs die pad verkoop het. In 1993 met mnr. Rothmann sr. ‘n pakket geneem en ook meer by die boerdery betrokke geraak. Die res is geskiedenis, wat steeds gemaak word. Die boerdery lewer nege gewasse, insluitend kool, beet, slaai, patats, uie, tamaties en groenrissies. Twee groot faktore in dié sukses is Danie se wederhelf, Christine, wat aktief betrokke is met die toepassing en monitering van MyFarm Web, en Laeveld Agrochem self wat ‘n daadwerklike en volgehoue bydrae tot die plaas se grondgesondheid lewer.

Orgideë vir verhuring

W:  http://www.facebook.com/officeorchids/

OFFICE ORCHIDS

Office Orchids is die resultaat van ‘n 40 jaar oue passie wat begin het as ‘n stokperdjie vir die De Jagers – ma en pa Luitha en Piet, en seun Dawie. Vandag blom die onderneming letterlik en figuurlik, met hul lieflike produkte wat uitgehuur word as kantoorplante, onder meer vir dokters se spreekkamers en advokate en prokureurs se kamers.

Terug na episodes