DINK GRÓÓT

Seisoen 3 | Episode 4

Kefir | Slaktelery | Beesmelkery

Slakke

E: braam225@gmail.com

AFRISNAIL

Chris is vandeesweek deel van ‘n slymerige storie… Hy kuier by Braam en Mandie Steynberg, wie se slakboerdery klein begin het, maar vandag van krag tot krag gaan. Hul toewyding is egter nie beperk tot hul volhoubare en groeiende lewering van bestanddele aan die spysenierings- en skoonheidsbedryf nie; hulle help bou ook aan die bedryf, onder meer deur die stigting van ‘n slaktelersvereniging wat reeds met 36 lede pronk.

Kefir

S: 082 856 9925
E: organicDFSA@gmail.com

 

ORGANIC HEALTH

Simonia kuier by Max van Heerden, wat eers in die bankwese was en nou rand en sent sien inrol danksy kefir, ‘n plantjie wat ‘n mens bekom in die vorm van ‘n kristal en wat in twee variante beskikbaar is – een vir suiwelprodukte en een wat watergebaseerd is. Beide bevat tot 30 verskillende bakterie-stringe, wat daarvan ‘n goeie probiotikum maak. Uit die melkverwante kefir word onder meer melk, jogurt en kaas gemaak, en uit die water-ekwivalent, bier. Om hierdie kultuur aan die groei te kry as ‘n onderneming, het jy min geld (R250) nodig, maar baie passie.  Kry jy hierdie kombinasie reg, is opbrengste aan die orde van die dag.

 

Melkboerdery

Jaco Opperman
S: 083 565 7189

HENOPPER HOLSTEINS

Vandeesweek se inspirasie wat vandag se nisboer in môre se kommersiële sukses kan omskep, is oom Hendrik Opperman se Henopper Melkery in Bronkhorstspruit. Henopper Melkery het op 15 Augustus 1970, net nadat Oom Hendrik en sy wederhelf getroud is, nederig begin. Vandag is dit ‘n enorme en enorm suksesvolle geoutomatiseerde melkery, danksy Oom Hendrik se oudste seun wat sedertdien by die boerdery aangesluit het – en Laeveld Agrochem wat ook ‘n onontbeerlike rol in die Oppermans se suiwelsukses speel.

Terug na episodes