DINK GRÓÓT

Seisoen 3 | Episode 3

Groente en mikrogroente | Hamman Boerdery | Turksvye

 

Groente en mikrogroente

S: 071 485 0609
E: sales@ksba.co.za

 

KLEINSKUUR AQUAPONICS

Simonia is by Annemarie en Colin Brenner, die egpaar agter die sukses van hierdie sonderlinge akwaponiese onderneming naby Donkerhoek. Die Brenners verbou groente en mikrogroente, en verkoop dit by naweekmarkte.

Annemarie verduidelik dat daar geen vermorsing by hul 100% gesonde ekostelsel betrokke is nie; die visse voorsien voedingstowwe wat deur die plante geabsorbeer word, en die plante suiwer dan weer die water wat teruggaan na die visse.

Beide het al plaaslike en internasonale gevorderde kursusse oor akwaponika bygewoon en Colin is ook al genooi om aanbiedings te doen.

Annemarie sê hul teenwoordigheid by markte is nie net om produkte te verkoop nie; dis ook ‘n geleentheid om akwaponika aan mense bekend te stel, veral teen die agtergrond van die publiek se groeiende vraag na goeie, gesonde kos.

Wat nie by die mark verkoop word nie, gaan na ‘n pakhuis wat dit na ‘n groot kettingwinkelgroep versprei. Die oorskot gaan na ‘n komposhoop, waaruit kompostee onttrek word wat uiteindelik teruggaan in die stelsel.

 

Hamman Boerdery

F: 016 428 1981

 

HAMMAN BOERDERY

Mali se bestemming van die week is die welbekende Hamman boerdery naby Vereeniging en sy gasheer is die ondernemende eienaar, Pieter Hamman. Pieter se hooffokus, én die hoofbestanddeel van sy suksesresep, is diversifikasie. Hy glo trouens dat diversifikasie deel van elke boer se strategie behoort te wees om verskansing teen onbestendige markte te bied.

Benewens die boerdery, bestuur Pieter se vrou, Marina, ‘n gastehuis op die plaas wat pas herbou is, kompleet met ‘n onderdak-swembad en fassinerende ou plaasimplemente wat stylvol as betekenisvolle binneversiering gebruik word.

Laeveld Agrochem speel ‘n deurslaggewend belangrike rol in die Hamman Boerdery, onder meer deur hul gespesialiseerde diens, gereelde landery-inspeksies en weeklikse besoeke deur ‘n agent. Dit pas volmaak aan by Pieter se benadering tot voorkoming. “Dis beter om voorkomend op te tree as om genesing te gaan doen,” sê hy. “Daarom is dit belangrik om Laeveld Agrochem te gebruik vir die voorkoming van peste en plae.

 

Turksvye


S: 082 445 0547
E: pricklybusiness@gmail.com

 

PRICKLY BUSINESS

Chris se bestemming vir die week is Prickly Business, die turksvyboerdery van Daan Boraine wat ook die kuns vervolmaak het om die smaak van die vrug, sonder die steek, te bemark.

Daan het gesoek na ‘n gewas wat hy op sy eie kon verbou en wat nie hoë insetkoste sou verg nie. Turksvye was die antwoord, met sy eerste halwe hektaar wat hom R20 000 gekos het. Dit het egter drie jaar geneem voordat produksie van so ‘n aard was dat hy sy aanvanklike belegging kon begin verhaal.

Om turksvye te verbou, hou heelwat voordele in, onder meer dat jy dit op 100% droë grond kan doen. Dit kan ook in verskillende klimaats- en grondtoestande geplant word.

Die geheim van Daan se doringlose turksvye is ‘n goedkoop masjien wat hy laat bou het, wat die dorings van die vrugte afstroop voordat dit verpak word.

Sou ‘n mens vandag met turksvye wil begin boer, kan jy met ‘n skrale halwe hektaar en insetkoste van R5 000 begin.

Terug na episodes