DINK GRÓÓT

Seisoen 3 | Episode 1

Kurpers | Giftige slange | Blomme  

Wat swem, pik en blom en is die onderwerpe van bespreking in Episode 1 van Nisboere Seisoen 3? Die antwoord is volhoubare tilapia, giftige slange en prentjiemooi krisante. Anrich vis vir meer inligting oor dié groeiende en volhoubare spesie by Rydawi Fish Farms, Chris kom agter die pik van die slang by die Viper Brothers, en Mali vind uit hoe Laeveld Agrochem ‘n kommersiële wenplaas, Jotima Flowers, selfs nóg verder help vooruitboer.

Tilapia

F: 011 431 1237
S: 082 048 3382
A: Ibis drive, off Beyers Naude opposite Valley road Hakunamata Sign, HoneyDew, Krugersdorp

 

RYDAWI FISH FARMS
 

Anrich kuier by Rydawi Fish Farms net buite Roodepoort, waar mens geen rivier, meer of see sien nie, maar baie tonnels vol tilapiatenks. Eienaar David Fincham, wat 28 jaar se ervaring in die bedryf het, het tegnologie as die grootste uitdaging geïdentifseer en vorendag gekom met ‘n suksesvolle stelsel wat ook op klein skaal gebruik kan word.

Die feit dat daar nie ‘n formele tilapiamark in Suid-Afrika is nie, het vir David die geleentheid gegee om ‘n gaping in die mark te identifiseer. Vandag spits hy hom toe op die teel van spesiale variante met die oog op die skepping van spesialiteitsmarkte vir supermarkte, restaurante en hotelle.

Om met tilapia te boer, het ‘n mens twee dinge nodig: aanvangs- en bedryfskapitaal, en baie geduld; jy begin eers na ses maande tot sowat ‘n jaar inkomste genereer.

 

Giftige slange

S: 078 632 7165
B: 89 marygold road benoni Johannesburg, Gauteng 1501

VIPER BROTHERS

Chris sien nie ‘n slang in die gras nie, en hy is slaggereed vir die eksotiese wêreld van die Viper Brothers. Die twee vennote het twee jaar gelede hul onderneming in Benoni begin met 50 meestal nie-giftige slange. Vandag staan hul onderneming 400 slange en bykans 100 spesies sterk, met ‘n fokus op giftige slange, wat dikwels baie mooier is as hul veilige broers en susters. Meeste van hul “voorraad”, veral die meer eksotiese spesies, word vanaf Afrika en Asië ingevoer.

Goeie nuus vir aspirant slang-entrepeneurs is dat ‘n mens klein kan begin – van ‘n enkele slang teen sowat R1 500 wat jy in ‘n 1.8 m² ruimte kan aanhou, tot ‘n allesinsluitende stelsel wat jou R5 000 uit die sak sal jaag. In beide gevalle kan jy reeds na die eerste broeiseisoen, dus sowat ses maande, begin geld maak – veral as jy gesogte reptiele soos die kleurvolle bosadder teel en teen 750 euros vir twee verkoop.

Om hierdie tipe onderneming te begin en in stand te hou, maan Marcel, het ‘n mens passie nodig. “En ‘n mens moet weet wat jy doen wanneer dit kom by hantering, anders kan dit baie gevaarlik raak,” sê hy.

Blomme

JOTIMA FLORA

 

S: 082 892 7445
E: sales@jotimaflora.co.za
A: Gedeelte B van die plaas Bokfontein, NO 458 JQ, Brits

Mali steek kers op oor krisante by Tim en Marolene van Eck, die trotse eienaars van Jotima Flora, ‘n kommersiële plaas wat reeds jare lank baat vind by Laeveld Agrochem se puik produkte, onder meer die swamdoder, asook hul eersteklas persoonlike diens. Dat dit hul onderneming letterlik en figuurlik laat blom, is duidelik. Die van Ecks voorsien in die behoefte van die groot Suid-Afrikaanse mark en voer ook na die Midde-Ooste uit.

Om kommersieel met krisante te boer, is egter nie ‘n gou-geldmaak gaping nie. ‘n Mens kyk na ‘n aansienlike investering van sowat R600 per m² en dan neem dit sowat ses tog agt jaar om wins te maak.

Dit help egter om Laeveld Agrochem aan jou kant te hê, sê Tim. “As jy probleem het, kom hulle uit en kyk.”

Terug na episodes