DINK GRÓÓT

Seisoen 2 | Episode 8

Kiwivrug | Aalwyne | Olywe

 Die spanning bou op en die opwinding groei in die span se soeke na die Nisboer van Seisoen 2. Laeveld Agrochem se doelstelling staan onwrikbaar: Om voedselsekerheid in Suid-Afrika te bevorder en om selfs die kleinste entrepreneur te help om vooruit te boer. Van week tot week verskil die boerderye egter hemelsbreed… Vandeesweek gaan Chris meer uitvind omtrent die eksotiese geel kiwivrug. Simonia gaan ‘n wonderwêreld van aalwyne naby Hartbeespoort betree en Anrich 
 
[timed-content-server show=”07/02/2018 20:00 Africa/Johannesburg”]
 

Olywe

 

Kleinburgskloof

A: River road, Stilbaai
F:  028 754 3181
E:  info@kleinbergskloof.co.za
W:  www.kleinbergskloof.com

Anrich kuier weer naby die see by Hennie Volschenk, die man met die plan en die boer agter die sukses van die olyfplaas Kleinbergskloof net buite Stilbaai.

Hennie is egter nie by die see gebore en getoë nie. Hy het in Bethlehem in die Vrystaat grootgeword. Sy pa was vriende met die plaaslike Griek, en so is hy van kleins af blootgestel aan produkte soos olyfolie en Griekse slaai.

Hy het Kleinbergskloof aanvanklik gekoop vir die suiwer skoonheid daarvan. Maar toe die welbekende ekoloog, oom Tol Pienaar, eendag daar kuier, het Hennie besluit dis tyd om raad in te win. “Oom, stap saam en kyk,” het Hennie gevra. “Wys vir my waarmee ek kan boer.” “Hier boer jy net met olywe,” was oom Tol se antwoord.

Hennie het nie twee keer gedink nie, en hy het nog nooit weer teruggekyk nie. Die eerste jaar het hy drie hektaar aangeplant, die tweede jaar nog drie, en so het dit aangegaan.

Aanvanklik, vertel hy, het hy die boerdery deeltyds gedoen, wat nie maklik was nie. Vandag gaan Kleinbergskloof van krag tot krag en Hennie wys met trots vir Anrich sy spogplaas – van die boorde en die olywe tot die verwerking.

Olyfolie is uiteraard ‘n topprioriteit, maar Hennie en sy wederhelf, Suna, produseer ook vir ‘n wye reeks smullekker produkte. Nog twee aspekte wat enorme waarde tot die boerdery toevoeg, vertel Hennie, is die proekamer en die trou-venue op die plaas. “Dis ongelooflik,” sê hy. “Boere moet hul kliënte oplei; mense ken nie olyfolies nie.” Maar as hy eers sy olyfolies begin verduidelik en wys, beduie hy, hang hulle aan sy lippe.

Op Anrich se vraag hoe hy die toekoms van die plaas sien, vertel Hennie dat hy hoop om dit te vergroot en dat sy kinders sal belangstel. Sy seun toon trouens reeds belangstelling, terwyl sy dogters ook al betrokke is, een by die webwerf en een by die geboue.

Anrich se besoek sluit af by Stilbaai se Craft, Gin & Wine Expo, waar hy vir Suna by Kleinbergskloof se stalletjie ontmoet. Voor haar olyfboerdae, vertel sy, was sy in die onderwys, waarna sy ook ‘n kunstenaarsbesigheid gehad het. Deesdae hou die olyfboerdery haar egter voltyds besig.

Anrich is baie beïndruk met die tafel vol olyf-lekkernye en wil weet watter een sy graag sou wou hê ‘n kliënt moet proe. Suna kies die gemarineerde olywe wat reeds ontpit is en wat heerlik is saam met kaas, skaapboud of varsgebakte brood. Selfs al eet jy nie olywe nie, sal jy dit eet nadat jy die gemarineerde meneer geproe het, sê sy.

Kiwivrug (Geel)

 

Twycross estate

E: dunsheasimon@gmail.com
F: 082 894 5938

Chris se bestemming vir die week is die plaas Twycross Estate naby Mbombela (Nelspruit), en sy gasheer is boer Simon Dunshea. Die gewas waarvan hy meer gaan uitvind is die eksotiese goue kiwivrug wat nie, soos baie mense dink, van Nieu-Seeland af kom nie, maar eintlik uit Sjina.

Simon vertel dat die kiwiboerdery relatief nuut is. Aanvanklik is daar met avokado’s en macadamianeute geboer, maar die streek is eintlik te koud, en op grond daarvan het hulle, na baie navorsing en ewe veel gesoek, op die geel kiwivrug besluit.

Die kiwi’s wat tans op die landerye pronk, is Twycross Estate se eerste kommersiële oes wat na raming op 7½ ton per hektaar te staan sal kom. Die meeste daarvan sal na Europa uitgevoer, en die res plaaslik verkoop word.

Simon beaam dat die kiwivrug inderdaad inheems Sjinees is. Nieu-Seelandse landbou-ghoeroes het egter die potensiaal van die gewas gesien en al die daaropvolgende navorsing en ontwikkeling gedoen, vandaar die feit dat die meeste mense dink die kiwi kom van die Kiwi’s af.

Nieu-Seeland is steeds een van die wêreld se grootste kiwi-produsente, met ‘n omset gelykstaande aan dié van Italië. Sjina se omset, verduidelik Simon, is egter tien keer meer as die hele wêreld s’n saam… maar niemand in die wêreld kry ‘n happie daarvan nie, want die reuse Sjinese bevolking verbruik alles self.

Die kiwivrug, verduidelik Simon, is eintlik ‘n rankplant wat aan spesiale priële geheg word wat sorg dat dit regop groei.

Nog ‘n interessantheid op Twycross Estate is die onkruidbeheer wat bestaan uit houtsplinters wat deur die saagmeule op die plaas produseer word as ‘n braaiproduk. Afgesien van onkruidbeheer, hou dié metode heelwat verdere voordele in, onder meer dat dit die aanteel van erdwurms bevorder wat die grond meer vrugbaar maak.

Simon wys vir Chris die kwekery en daarna die produksiefasiliteit waar die kiwi’s gesorteer en verpak word. Omdat Twycross Estate ‘n familieplaas is, vertel hy trots, is van die personeel derde of vierde generasie.

Chris en Simon proe beide ‘n bietjie goue kiwi en dan verskuif hulle na die voorstoep, waar Chris meer uitvind oor die familieboerdery wat reeds sedert 1919 aan die gang is.

Chris wil weet wat die verskil tussen die gewone en goue kiwi is en Simon verduidelik dat die goue kiwi ‘n baie soeter smaak het wat, saam met die goue kleur, baie belangrik is in die Asiatiese mark. Europeërs, daarenteen, verkies die groen variant.

Simon se toekomsplanne is om die plaas na 40 hektaar uit te brei, en sy advies aan voornemende kiwi-boere is om ‘n geskikte klimaat en watergehalte voorop te stel en vir haelbeskerming voorsiening te maak. Les bes wys hy op die belangrikheid van ervaring. Hy sou nie die kiwiboerdery kon aanpak toe hy net uit die landboukollege gekom het nie, sê hy. Sy 12 jaar se boerdery-ervaring is van onskatbare waarde en hy het ook langs die pad baie geleer.

Aalwyne

 
The Aloe Farm
F: 081 874 7471
E: ronald@thealoefarm.co.za
A: The ALOE FARM is on the R104 (Old Rustenburg rd) at Hartebeespoort dam, about 4,5km past Chameleon Village.
W: www.thealoefarm.co.za
 
Simonia is beïndruk met die feit dat die Grieke en Romeine reeds in antieke tye aalwyne se gesondheids- en skoonheidspotensiaal raakgesien en benut het. En vandag, in die hier en nou, kuier sy by ‘n onderneming en ‘n man wat eweneens passievol is oor dié sonderlinge plant.Andy de Wet, die stigter-eienaar van Aloe Farm naby Hartbeespoort, vertel hy het nog altyd in aalwyne belang gestel. Hy het ‘n MA-graad in plantkunde behaal en reeds as student, nog by sy ouerhuis, begin aalwynkruisings doen.
 
Met verloop van tyd het sy telery en sy passie gegroei, maar aalwyne was egter nie altyd sy hoof- of enigste bron van inkomste nie.Nadat Andy sy graad behaal het, het hy as kwekerybestuurder gewerk om die bedryf te leer ken. Om die nodige kapitaal op te bou om sy eie besigheid te begin, het hy visdamme en swembaddens gebou, kompleet met klippe en watervalle.
 
Uiteindelik kon hy sy kwekery aan die gang kry.  En wat ‘n kwekery! Andy wys vir Simonia die tonnel waar plantveredeling plaasvind en hy verduidelik hoe dit werk. En hy wei ook meer uit oor die oorsprong van die spesie Aloe Barbadensis en die feit dat antieke Egiptenare dit ook reeds gebruik het.Hier in Suid-Afrika slaag Andy daarin om, danksy sy hoë kundigheidsvlak, stelsels en ervaring, duisende plante van dieselfde kloon te kweek. Dié plante, vertel hy, word plaaslik verkoop, hoewel oorsese groothandelaars ook van sy plante kweek.
 
Tydens ‘n wandeling in ‘n pragtige aalwyntuin vind Simonia uit dat daar heeltyd ‘n seleksieproses aan die gang is. Andy kies net die beste plante vir sy kliënte; die plante wat met vlaggies gemerk is voldoen nie aan die nodige standaarde nie en word weggegooi.
 

Die eindresultaat is ‘n verskeidenheid plante van die hoogste gehalte, soveel so dat sommige variante selfs hul eie naam kry, byvoorbeeld Autumn Haze, of die variant wat Andy na sy pa, Charles, vernoem het.Sy advies aan mede-aalwynliefhebbers en voornemende produsente is dat hulle eers die beste posisie vir hul plante moet kies; aalwyne hou van baie son en goeie dreinering. Daarna moet die grond goed voorberei word met baie kompos en beenmeel. En dan kies ‘n mens ook plante volgens die spasie: groot agter, kleiner voor. [/timed-content-server]

Terug na episodes