Handgemaakte botter | Broodbome | Konynvleis
Episode 4 begin by Anrich wat rondstap by Clean Air Nurseries. Hy herinner kykers aan al die maniere waarop hierdie gevorderde boerdery geïntegreer is en wys daarop dat die nisboerderye wat in die episode verskyn, produkte verbou wat reeds eeue oud is, maar die afgelope tyd weer nuwe gewildheid geniet. Anrich self gaan leer om botter te maak, Simonia gaan na broodbome kyk en Chris vind meer uit omtrent ‘n onontginde voedselbron vir ons land.
Episode 4 skop af onder ‘n doringboom by Clean Air Nurseries, 2017 Nisboer van die Jaar Gideo van der Merwe se wenplaas. Anrich loer na die Vyf van die Bestes bord en wys daarop dat Nisboere se tweede seisoen steeds ‘n duidelike leier het, naamlik die Dippenaar-plaas se FeedGrow projek. Chris stem saam, maar herinner kykers daaraan dat die plase wat vandag besoek word ook ‘n plek op die bord kan inneem, afhangende van wat die beoordelaarspaneel besluit. Met dié noem Simonia dat sy van broodbome gaan leer; Anrich sê hy gaan leer botter maak en laat val dat hy ‘n gevoel het dat Chris ‘n haas uit ‘n hoed uit gaan trek…
Gatabi rabbit farm
Konynvleis
Gavin is beskikbaar weekdae en naweke.
F: 082 554 9412 – Gavin ( Commercial breeds, New Zealand etc )
Gavin’s whatsapp nommer is 0817650469
Faks: 086 512 1489
Landlyn: 011 949 4053
F: 083 4444 830 – Tamara (klein rasse: Netherland dwarfs, Jersey wooly, English Angora, Harlequin, Magpie, Hotot, Satins, Rex )
http://gatabirabbits.co.za/
Bel asseblief na kantoor ure: ( na 5 , in die week of naweke), of whatsapp my.
Heel eerste is Chris op die spoor van ‘n onontginde voedselbron vir ons land. Gatabi Farm, die trotse eiendom van Gavin en Tamara in De Deur, naby Johannesburg, boer met konyne, wat dalk net vir talle Suid-Afrikaners die ontbrekende skakel in hul proteïen-voedselketting kan word.Beide hy en sy vrou, vertel Gavin, is van Europese afkoms. Weens probleme op dié vasteland het hul onderskeie ouerpare na Suid-Afrika, en beter geleenthede in Afrika, verhuis. Gavin se pa was trouens ‘n slagter, en dit is ook waar sy verbintenis met konyne begin het.
Nadat hy en Tamara getroud is, het hulle vir hul kroos ‘n paar Jersey Woollies gekry, wat, synde konyne, kort voor lank teen ‘n tempo begin teel het. Gavin en Tamara het besluit om ‘n advertensie op ‘n plaaslike platform te pos, en voor jy kon sê “Jersey Woollies” was die werpsel verkoop – en dit was die begin van Gavin en Tamara se konynboerdery.
Die besigheid het stadig maar seker uitgebrei, en met verloop van tyd het Gavin die Rabbit Breeders Association en SA National Rabbit Council tot stand gebring, liggame waarvan hy ook die voorsitter is.
Die konyne se voer word feitlik alles organies op die plaas verbou. Daarbenewens kry hulle “’n bietjie kommersiële kos”, omdat dit goedkoper is.Gavin wys vir Chris ‘n Nieu Zealand witkonyn. Chris merk op dat die konyn nie gespring het toe sy neergesit word nie, en Gavin verduidelik dat hy baie tyd bestee aan konyne wat op skou gaan omdat hulle daaraan gewoond moet wees om op ‘n tafel te sit en deur beoordelaars hanteer te word.
Die rede vir die Gavin se keuse van die Nieu Zealand White, is dat dit ‘n premium vleisproduserende dier is met die mees stabiele genetika en ‘n paar ander pluspunte, insluitend vrugbaarheid, werpselgrootte en groeitempo. Gavin reken dat die konyn die redder van Afrika is wanneer dit by voedselsekerheid kom, onder meer weens die geringe omgewingsimpak wat die diertjies het in vergelyking met, byvoorbeeld, hoenders. Daarteenoor is hulle potensieel hoogs winsgewend. Die gemiddelde Nieu Zealand witkonyn-wyfie kry agt babas per werpsel, en vyf werpsels per jaar, wat beteken ‘n mens kry 120kg vleis vanaf slegs een konyn.
Gavin se advies aan voornemende konynboere is om klein te begin – met een mannetjie en vyf wyfies. “Bring ses maande met hulle deur. Sien waarvan jy hou en nie hou nie,” verduidelik hy. “Om suksesvol te wees, moet jy passie hê, jy moet dit geniet. Daarna kan jy jou onderneming opskaal.”
Terwyl Gavin met die konyne self werk, spin sy vrou, Tamara, met hul wol. Na jare se boerdery wat ook wol lewer, het sy besluit om ‘n spinwiel by die Spinning & Weaving Guild te huur en lesse te neem. Dit is baie kalmerend, vertel sy, maar nie winsgewend as jy alles self moet doen nie. Om alles te kroon, kos ‘n enkele kilogram konynwol R2 500.
Chris probeer sy hand aan spin en besluit daar en dan, en tong in kies, om vir hom ‘n trui te brei.
Exclusive Cycads
Broodbome
https://www.exclusivecycads.com
F: + 27 12 548 0325
info@exclusivecycads.com
export@exclusivecycads.com
Plot 238
Corner of Phyllis and Veda streets
Montana Park
Pretoria
Eers wil Simonia weet hoe Corlia en Matian mekaar ontmoet het. Corlia skets die romantiese agtergrond, van die tyd toe sy nog vir Matian “oom” genoem het en die ontwikkeling van hul vriendskap tot hul huwelik en die besigheid wat hulle nou saam bedryf.
Simonia wil ook weet wat Matian gedoen het voordat broodbome sy besigheid geword het. Hy was 21 jaar in telekommunikasie, vertel hy, maar broodbome was altyd op die kantlyn as ‘n stokperdjie. Sy liefde vir dié sonderlinge plantspesie het reeds as kind begin. Hy het ‘n visie van ‘n plant in gedagte gehad, maar nie geweet dit bestaan regtig nie. In sy matriekjaar, 1985, het hy egter tydens ‘n besoek aan sy oom ‘n hele tuin vol broodbome ontdek. “Ek was stomgeslaan,” vertel hy. In November 1989 het hy sy eerste plante gekoop. En van daar af was dit “non-stop”. “As daai gogga jou eers byt, is daar geen einde nie,” sê hy.
Hy en Corlia het hul eerste broodboom-kwekery in Rustenburg oopgemaak. Sedert Mei 2012 is Exculsive Cycads egter in Montana, vanwaar die Jouberts broodbome verskaf aan enige tipe mark, insluiend groothandel, asook vir uitvoerdoeleindes. Nog ‘n groot funksie wat hulle verrig, is om mense met aansoekpermitte te help.
Een hoogtepunt van die besoek is wanneer Matian vir Simonia help om ‘n broodboom te plant; ‘n komplekse proses wat die lewe van die boom kan kos as ‘n mens nie versigtig te werk gaan nie.
Nog ‘n hoogtepunt is egter die mooiste broodboom wat Simonia al ooit gesien het wat in Matian se tuin pronk. Daar is net sewe van hulle in die wêreld, en die spesifieke broodboom is plus minus 4 000 jaar oud, vertel hy.
Bon-af
Handgemaakte botter
GPS:
S26 50.804″
E27 37.811″
S: (083) 650 – 8365W: http://www.berry-farm.co.za
E: info@berry-farm.co.za
Anrich is terug by Bon-Af Landgoed, waar hy in Episode 3 by boer Hannes Coetzee alles en nog wat uitgevind het omtrent sy bessieboerdery. Vandeesweek begin hy egter by die baie interessante piramide wat Hannes met sy eie hande en presies op die skaal van die Giza-piramide in Egipte gebou het.Dit is egter nie presies hoekom Anrich hom daar bevind nie. Hy is daar om te leer botter maak, ‘n oefening waarvoor Hannes vir Blommie, sy koei nader roep. Blommie, vertel Hannes terwyl hy haar melk, het hy bykans 10 jaar gelede gekoop by ‘n melkery in Naboomspruit wat toegemaak het. En sy gaan van krag tot krag; elke oggend lewer sy tien liter melk, en elke middag tussen sewe en agt liter.
Anrich probeer sy hand aan koei melk en doen nie te sleg nie. Na die melkery, stap hy en Hannes oor na die Huis-Herberg vir die roomafskeidingsproses. Na die afskeiding is dit tyd vir karring, waarmee Anrich ook hand bysit. En uiteindelik is dit tyd om die botter te verpak en dit in in die yskas te laat stol.
Les bes bevind Anrich en Hannes hulle in die tuin waar Anrich hom verlustig in ‘n koppie koffie met heerlike dik room en besluitjies met gesoute en ongesoute botter, wat verskillend proe.
Anrich wil weet of die bottermaakproses een van die dinge is wat mense na Bon-Af toe trek. Hannes verduidelik dat dit ‘n voorreg is om mense bekend te stel aan wat hul voorouers beleef het in die vorm van botter, koffie en seep. Mense bespreek, hulle kom hier aan en dan doen hulle alles soos dit in toeka se dae gedoen is, beduie hy.
Die twee gesels kortliks oor die huidige tekort aan botter, met Hannes wat sê hy kom agter daar is ‘n tekort uit al die navrae wat hy kry, en dat hy ver agter is met produksie, gegewe die feit dat hy net nege blokke botter per week uit Blommie kry.
Die kuier sluit af met Anrich wat meer wil weet omtrent die musuem op die plaas. Hannes vertel dat die plaas reeds 179 jaar in sy familie is en dat hy besluit het om oudhede uit te stal sodat mense meer kan ervaar van plaas. Hy noem dat daar ook ‘n familiekerkhof is, waar die oudste graf na 1852 terugdateer.
Anrich merk op dat daar baie dinge is om te onderhou, waarop Hannes antwoord dat dit wel die geval is, maar dat dit lekker is. Laastens wys hy daarop dat die piramide waarby Anrich vroeër gestaan het, die die wêreld se enigste granietpiramide is. Al die ander piramides is van kalk- of sandsteen gemaak, sê hy.