Kwartelvleis| Knaagdierteling | Volstruise



Episode 14: Vandeesweek gaan Anrich besoek aflê by ‘n kwartelboerdery naby Bela-Bela, iets knaag aan Simonia om uit te vind wat die suksesgeheim is van twee broers se rot- en muisboerdery, en Chris ontdek dat ‘n mens nie vere voel vir troetelvolstruise nie.
[timed-content-server show=”08/13/2018 19:45 Africa/Johannesburg”]
Kwartelvleis

F: 082 261 3205
E: chris@quailza.com
W: www.quailza.com
A: Bela Bela, ZA
Quail ZA
Anrich kuier by Christiaan van Wyk by Quail ZA, die kwartelboerdery wat hy in Junie 2017 begin het met die oog op die lewering van vleis, sowel as eiers.
Chris wys vir Anrich die 300 m² ruimte waar hy 4 000 kwartels huisves, en verduidelik dat hy met vyf verskillende gene teel om verskillende eienskappe te versterk.
Hy het kwartels gekies omdat dié gesogte voëltjies binnenshuis aangehou kan word en dus minder afhanklik is van reën. Verder vreet hulle aansienlik minder as hoenders en bring ‘n mens baie meer in die sak.
Kom dit by toekomsplanne, sal Chris altyd die plaaslike mark insluit, maar hy wil ook graag die uitvoermark betree waar enorme kontrakte op die spel is – en hy wil uiteindelik 37 hektaar vol kwartels onderdak hê.
Uiteindelik kuier Anrich saam met Chris en sy wederhelf, Jeanette, en vind meer uit omtrent die inlê van kwarteleiers, hoe gerookte en nie-gerookte kwartel smaak en dat ‘n mens dit met die hand, en nie met ‘n mes en vurk nie, eet.
Knaagdierteling
F: 076 098 0156
E: kyle.mowatt@yahoo.com
Snakebait
Simonia gesels met die Mowatt-broers, Kyle en Ryan, wat sowat tien jaar gelede as tjokkers begin het om met knaagdiere te boer. Ten spyte van volwassenenes wat hulle aanvanklik nie ernstig opgeneem het nie, het hul besigheid hand oor hand gegroei en het hulle al hul wins in die besigheid teruggeploeg.
Deel van hul suksesresep is dat hulle die werk – van voer en watergee tot skoonmaak – 50:50 verdeel. Die kos, vertel Kyle, is ‘n spesiale mengsel wat teling bevorder. Muise, sê hy, is elke vier dae op hitte en wyfies kan ná die eerste werpsel elke drie weke swanger raak.
Die groot vraag – wat is die verskil tussen rotte en muise – se antwoord is eenvoudig: muise is kleiner en word daarom geteel vir kleiner tipes slange, terwyl rotte ideaal is vir roofvoëls, arende, en so meer.
Die Mowatts verkoop meer as 100 knaagdiere per week, met die prys wat deur die grootte bepaal word. Hul toekomsplanne is om uit te brei, miskien ook na ander rasse, soos konyne.
Volstruise
F: 081 534 7188
E: elvengold@icloud.com
W: www.minipigs.co.za
A: Nylstroom, Limpopo
Ostrich Pets
Nisboere se Chris bevind hom naby Nylstroom, in Waterberg-wêreld, by Ostrich Pets, die trotse onderneming van Susan Spencer wie se visie en werk is om troetelvolstruise te teel. Om hulle te slag, sê sy vurig, is aaklig.
Afgesien van die troetelaspek, maak volstruise ook uitstekende sekuriteits-“wagte” en word hulle dikwels deur die wildboere in die omgewing aangehou as ‘n toeriste-aantreklikheid.
‘n Volstruis kan tot 50 jaar oud word, wat uiteraard begin by die eier wat 42 dae neem om uit te broei. Kort ná geboorte, vertel Susan, neem sy die kleintjies van hul ouers af weg om te voorkom dat die hordes wyfies en enkele mannetjies die kleintjies beseer. Hul dieet bestaan uit volstruismis wat belangrike spysverteringsbakterieë bevat en, vir die eerste sewe dae ook papegaaikos.
Op Chris se vraag wat haar advies aan voornemende volstruisboere is, beklemtoon Susan hoe belangrik dit is om klein volstruisies van hulle ouers af weg te neem. “Maak seker hulle kry die mis wat hulle help om kos te verteer, dan floreer hulle,” sê sy.
[/timed-content-server]