Seisoen 2 | Episode 12

Chinchillas | Bokmelk halloumi & fudge | Aarbeie

 

Episode 12:  Gaan enigeen van die nisboerderye wat tans op die Vyf-van-die-Bestes-bord pronk die nekslag kry na Chris se kuier by ‘n aarbeiplaas naby George, Anrich se ontdekking van, onder meer, bokmelk-fudge, en Simonia se geleentheid om ‘n oulike klein chinchilla te troetel en te bad?  Net die tyd, en Episode 12, sal leer.

[timed-content-server show=”07/30/2018 19:45 Africa/Johannesburg”]

Chinchillas

E : chinchillamagic1@gmail.com
W: www.chinchillamagic.co.za

 

Chinchillamagic

Simonia se bestemming is die onderneming genaamd Chinchillamagic, en haar gasheer is Danie Delport wat dié diertjies teel. Danie vertel sy belangstelling en betrokkenheid het in 2004 begin toe hy twee chinchillas in ‘n troeteldierwinkel gesien en hulle terstond gekoop het. Hy het nog nooit vantevore chinchillas gesien nie, sê hy, en het ook niks van hulle geweet nie. Hy het egter onmiddellik begin navorsing doen, en hoe meer hy geleer het, hoe meer wou hy weet.

In 2005, net toe die telery mooi aan die gang was, was Danie – op daardie stadium ‘n beroepsoldaat – in ‘n ernstige ongeluk betrokke. Toe hy maande later uit die hospitaal ontslaan is, was hy in ‘n rolstoel en sy militêre lewe was iets van die verlede. Sy vrou vertel sy moes iets kry om haar man aan die gang te hou, en dit is toe waar die chinchillas opnuut in die prentjie gekom het, en steeds pas.

Danie wys vir Simonia sekere van die spesies wat hy aanhou, van die uitdagings wat met die teelproses gepaard gaan, en dat chinchillas nie net vrek oulik lyk nie, maar ook persoonlikheid het en baie slim is. Hul dieet bestaan uit korreltjies wat Danie self maak en dan meng met korreltjies van ‘n baie goeie Suid-Afrikaanse vervaardiger. Kom dit by badtyd, laat spat die diertjies nie in water nie, maar in ‘n baie spesiale soort klei wat Danie vir hulle laat maak wat supersag, baie absorberend en ook ‘n belangrike bestanddeel van vroue-onderlaag is.

Danie verkoop sy kosbare chinchillas baie selektief. Trouens teel hy nie met die oog op verkope nie, maar met skaars en meer algemene spesies om sy eie teeldoelwitte te bereik en sy diere gesond te hou. As hy wel ‘n chinchilla verkoop, moet hy weet dit gaan na ‘n goeie huis toe. “Jy moet vir my kan bewys dat jy chincillas kan versorg,” sê hy.

Bokmelk halloumi & fudge

F: 083 704 4229
E: info@goatmilk.co.za
W: www.geluksfontein.co.za

 

Geluksfontein, modimolle

Christo Venter het 17 jaar gelede met sy melkbokboerdery begin, en alles wat hy vandag van bokke weet, het hy self geleer. Vandag is sy spogplaas ‘n lus vir die oog en ‘n toeriste-aantreklikheid met ‘n baie sterk handelsmerk.

Nadat Christo vir Anrich verdidelik het wat gebeur in die melkery en Elias hom meer vertel het van die kaasmaakproses, bevind Anrich hom agter ‘n watertand verskeidenheid kase, waarvan hy eerste die roomkaas proe. Dan gaan ‘n nuwe kaaswêreld vir hom oop: Bok-e-naters (ronde maaskaasballe in olie), Geluksdal se bekroonde cheddarkaas, hul heuning, ricotta, gouda, pecorino, halloumi, gevriesde melk en, les bes, bokmelk-fudge.

Afgesien van die puik produkreeks, is daar ‘n ewe wye verskeidenheid toeriste-akwititeite wat waarde tot Geluksfontein toevoeg, onder meer toere, en geleenthede vir kinders om die bokke te voer.

Christo se raad aan voornemende boere is om produkte met ‘n kort raklewe te vermy en te fokus op harde kase soos gouda, pecorino en cheddar.

 

Aarbeie

F: 044 870 7123
E: info@redberryfarm.co.za
W: www.redberryfarm.co.za
A: Geelhoutboom Road (off the R404), Blanco, George, South Africa

Red berry farm

Mark Miller, die eienaar van Red Berry Farm, verduidelik vir Chris hoe die komplekse en moeilike proses van buiteseisoense aarbeiboerdery werk, die goeie nuus synde tweërlei. Eerstens het Red Berry Farm as die eerste selfpluk-aarbeiplaas met ‘n restaurant op die perseel reeds ‘n groot aanhang in die plaaslike mark en onder toerisme. Tweedens kom Mark uit ‘n boerderyfamilie en is baie van sy familie – van sy pa en ma en wederhelf tot sy kinders – ook betrokke.

Mark se belangstelling in aarbeie het relatief onlangs begin toe sy skoonsuster en broer hom uitgenooi het om na die potensiaal in George te kom kyk, waarna hy ‘n aarbeisimposium bygewoon het. Een van sy groot uitdagings was om oorsese variante in Suid-Afrika te kry, onder meer Kaliforniese aarbeie, waarin hy geslaag het. Daar is duisende aarbeivariante wêreldwyd, waarvan ses op Red Berry Farm verbou en verkoop word.

Benewens die boerdery self, is agritoerisme ‘n groot deel van Red Berry Farm se sukses. Dit was die eerste plaas waar mense self aarbeie kon pluk, ‘n idee wat Mark se pa aanvanklik glad nie beïndruk het nie. Hy het egter aangehou en uitgehou, en vandag bestaan 50% van die plaas se omset uit die plukbedryf, en die res uit die restaurant, ‘n miniatuurtreintjie, die grootste heining-doolhof in die suidelike halfrond, ponieritte en watersport. Die besigste tyd van die jaar is Desember, wanneer tot 4 000 toeriste dié gesogte bestemming besoek.

Mark wys daarop dat aarbeiboerdery nie vir sissies is nie. Die rede waarom daar slegs 14 groot aarbeiverbouers in die land is, maan hy, is omdat die res gesneuwel het. Vandaar sy raad: “As jy met aarbeie wil boer, maak seker jy doen jou huiswerk.”

[/timed-content-server]